Byteken
Die byteken, @, word normaalweg uitgespreek as "by" of "teen". Dit word gebruik as 'n rekeningkundige en faktuurafkorting wat "teen 'n koers van" beteken (bv 7 lekkers @ R2 per lekker = R 14).
Dit word ook in e-posadresse gebruik byvoorbeeld piet@gmail.com en word uitgespreek as "piet by gmail punt com".
Dit word ook in sosiale mediaplatforms gebruik as 'n handvatsel. Byvoorbeeld, indien jy in 'n plasing na iemand se naam wil skakel, voeg jy 'n "@" voor die persoon se naam.
In Unicode is die kode U+0040 en die HTML-kode is @
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Byteken.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.