Butielamien
Butielamien is 'n organiese verbinding met formule CH3CH2CH2CH2NH2. Dit is 'n onwelriekende en taamlik vlugtige en brandbare vloeistof. Dit kan tot ernstige irritasie van die vel lei en is 'n taamlike sterk basis. 'n 1%-ige oplossing in water het 'n pH van 13. Dit word van butanol vervaardig en is 'n belangrike tussenproduk vir die vervaardiging van landbouprodukte, rubberprodukte en plastifiseerders vir nylon en additiewe vir brandstowwe en olie.[2]
Algemeen | |
---|---|
Naam | Butielamien |
IUSTC-naam | 1-amino-butaan |
Ander name | n-butielamien |
Chemiese formule | CH3CH2CH2CH2NH2 |
Molêre massa | 73,14 g/mol |
CAS-nommer | 109-73-9 |
Reuk | Visagtig |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | -49,1 °C |
Kookpunt | 77,1 °C |
Digtheid | 0,74 (rel water) |
Oplosbaarheid | opl. water, metanol, diëtieleter, asetoon |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | 1,1 °C (Oop kom) |
Selfontbrandingspunt | 312 °C |
LC50 | 366 mg/kg (rot; akuut, oraal)[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Verwysings
- MSDS SciLab.
- "BASF" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.