Burgess Meredith
Oliver Burgess Meredith was 'n Amerikaanse akteur en komediant. Hy is bekend vir sy rol as "The Penguin" in die TV-reeks Batman (1960's) en as Mickey Goldmill in sommige van die Rocky-rolprente. Hy het twee Saturn-pryse (in 1978 en in 1981) en verskeie Emmy-pryse oor sy loopbaan ontvang.
Burgess Meredith | |
Meredith in 1974 | |
Geboorte | 16 November 1907 Cleveland, Ohio |
---|---|
Sterfte | 9 September 1997 Malibu, Kalifornië |
Nasionaliteit | Amerikaner |
Lewensmaat |
|
Beroep(e) | Akteur, komediant |
Aktiewe jare | 1930–1996 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Meredith is op 16 November 1907 in Cleveland, Ohio gebore en studeer aan die Hoosac Skool en die Amherst Kollege.[1] Hy trou in 1933 met Helen Derby, maar skei van haar in 1935. In 1936 trou hy met Margaret Perry, maar skei weer in 1938. Hy was ook van 1944 tot 1949 met Paulette Goddard getroud. Daarna trou hy 'n laaste keer in 1950 met Kaja Sundsten. Hy is op 9 September 1997 op 89-jarige ouderdom in Malibu, Kalifornië aan Alzheimer en melanoom oorlede.[2]
Verwysings
- Burgess Meredith genealogy Geargiveer 24 Oktober 2012 op Wayback Machine deur Robert Battle op freepages.rootsweb
- "Burgess Meredith dies at 89" (in Engels). CNN. 10 September 1997. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Oktober 2019. Besoek op 17 September 2011.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Burgess Meredith.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.