Bulwer
Bulwer is 'n klein dorp in die suidweste van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika, op die R617-streeksroete tussen Boston en Underberg.
Bulwer | |
---|---|
Die Ou Geelhoutkerk op Bulwer | |
Bulwer Bulwer se ligging in KwaZulu-Natal | |
Koördinate: 29°48′S 29°46′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | Harry Gwala |
Munisipaliteit | Dr Nkosazana Dlamini-Zuma |
Oppervlak | |
• Totaal | 12,70 km2 (4,90 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 322 |
• Digtheid | 104/km2 (270/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 5.1% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Bruin mense | 0.3% |
• Swart mense | 93.2% |
• Ander | 0.8% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 89.2% |
• Engels | 6.9% |
• Xhosa | 1.1% |
• Ander | 2.8% |
Poskode (strate) | 3244 |
Skakelkode | 039 |
Geskiedenis
Die dorp is in 1890 uitgelê en genoem na sir Henry Bulwer, goewerneur van Kolonie van Natal.
Distrik
Skaapboerdery is die belangrikste ekonomiese aktiwiteit en bosbou word ook beoefen.
Die Ou Geelhoutkerk
Die Ou Geelhoutkerk op Bulwer is in 1885 van handgesaagde geelhout gebou. Die kerk is in 1989 deur Mondi gerestoureer.[2]
Sien ook
Bronne
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Verwysings
- "Hoofplek Bulwer". Sensus 2011.
- "Yellowwood Church, Bulwer, Midlands, Central Kwa-Zulu Natal" (in Engels). Quo Vadis Southern Africa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2019. Besoek op 20 Junie 2017.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.