Bultfontein
Bultfontein is 'n dorp in die Vrystaatprovinsie van Suid-Afrika, 97 km noord van Bloemfontein.
Bultfontein | |
---|---|
Bultfontein Bultfontein se ligging in Vrystaat | |
Koördinate: 28°17′17″S 26°9′1″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Lejweleputswa |
Munisipaliteit | Tswelopele |
Stigting | 1874 |
Oppervlak | |
• Totaal | 39,50 km2 (15,25 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 176 |
• Digtheid | 55/km2 (140/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 58.3% |
• Indiërs/Asiërs | 0.8% |
• Bruin mense | 0.6% |
• Swart mense | 38.5% |
• Ander | 1.8% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 58.1% |
• Sotho | 24.3% |
• Xhosa | 6.2% |
• Tswana | 3.9% |
• Ander | 7.4% |
Poskode (strate) | 9670 |
Poskode (posbusse) | 9670 |
Skakelkode | 051 |
Geskiedenis
Die dorp is in 1874 gestig. Die dorp het sy ontstaan te danke aan 'n sterk fontein, wat op die bult ontspring het. Dit was eers deel van die plaas Kameeldorings. Boesmans, Voortrekkers en wilde diere het by die bron kom water drink.
Bultfontein se fonteinarea is omskep in 'n park genaamd Parabaai. Die park het sy ontstaan te danke gehad aan ene Gerrit Viljoen (1893-1968), wie se idee dit was om die park te stig en te ontwikkel.
Bultfontein is ryk aan geskiedenis, naamlik: Die Tweede Vryheidsoorlog, vliegveld en die Boesmans. In die dorp se ou begraafplaas is Engelse soldate begrawe, wat tydens die oorlog gesneuwel het. Die vliegveld is deur D.J. Viljoen, seun van Gerrit Viljoen, en ander vennote soos Sannie Bekker ontwikkel. Bultfontein beskik oor groot neerslae goud en diamante. Myne sou op die dorp gestig word, maar het nooit 'n werklikheid geword nie.
Die plaas Bultfontein het eers aan Andrew Murray behoort, voor dit 'n dorp geword het. Bultfontein self het 'n bevolking van sowat tweeduisend inwoners en maak deel uit van die Tswelopele Plaaslike Munisipaliteit.
Distrik
Die distrik is 3 000km2 groot. Mielies is die belangrikste gewas wat in die distrik verbou word asook sonneblomme, graan en grondbone. Trofeejag is ook van belang in die distrik.
Boorlinge van Bultfontein
- Johannes Gouws, Tweede Wêreldoorlogse vlieënier.
Sien ook
Verwysings
- "Hoofplek Bultfontein". Sensus 2011.