Bulgare

Die Bulgare (Bulgaars: българи, bǎlgari, [bɤ̞ɫɡɐri]) is 'n Suid-Slawiese volk[41][42][43] wat die meerderheidsbevolking van Bulgarye vorm. Tans is 84,8 persent van dié land se bevolking etniese Bulgare. Sowat 'n kwart tot 'n derde van die huidige Bulgaarse bevolking van Bulgarye is nasate van Bulgaarse vlugtelinge uit Masedonië (Masedoniese Bulgare) en Thracië (Thraciese Bulgare).[44]

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Bulgaars.
Bulgare

Totale bevolking: ca. 9–11,3 miljoen[1][2][3]
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Bulgarye Bulgarye ~6 miljoen

Vlag van Turkye Turkye 300 000–600 000[4][5]
Vlag van Griekeland Griekeland 300 000[6]
Vlag van Oekraïne Oekraïne 204 574–500 000[7][8]
Vlag van Duitsland Duitsland 183 263–283 000[9][10]
Vlag van Spanje Spanje 151 579–350 000[11][12]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 97 248–300 000[13][14]
Vlag van Moldowa Moldowa 79 520[15]
Vlag van Argentinië Argentinië 70 000[16]
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 65 000–150 000[17][18]
Vlag van Brasilië Brasilië 62 000[19]
Vlag van Italië Italië 56 576–120 000[10][20]
Vlag van Kanada Kanada 30 485–70 000[6][21]
Vlag van Frankryk Frankryk 30 000–50 000[22]
Vlag van Rusland Rusland 24 038–330 000[2][23]
Vlag van Nederland Nederland 23 308[24]
Vlag van Oostenryk Oostenryk 22 436[25]
Vlag van Serwië Serwië 18 543[26]
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 15 000–20 000[27]
Vlag van België België 13 171[28]
Vlag van Pole Pole 10 000–12 000[29]
Vlag van Swede Swede 8 325[30]
Vlag van Denemarke Denemarke 7 718[31]
Vlag van Portugal Portugal 7 553–12 000[32][33]
Flag of the Czech Republic Tsjeggië 7 387[34]
Vlag van Roemenië Roemenië 7 336[35]
Vlag van Kasakstan Kasakstan 6 915
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate 6 000–7 000[36]
Vlag van Australië Australië 5 436[37]
Vlag van Noorweë Noorweë 5 227[38]

Taal: Bulgaars
Geloofsoortuiging: 2011-sensus in Bulgarye:[39]
Bulgaars-Ortodokse Kerk – < 75%
Ongebonde – > 12%
Soennitiese Islam – > 1%
Rooms-Katolieke – > 0,5%
Protestante – > 0,5%
Verwante etniese groepe: Ander Suid-Slawiese volke soos Bosniake, Kroate, Macedoniërs, Montenegryne, Serwiërs en Slowene[40]

Geskiedenis

Gedeeltelike rekonstruksie van die Groot Basilica in die eerste hoofstad van die Bulgaarse Ryk, Pliska.
Bulgare onder leiding van Khan Krum verslaan die Bisantyne by die Slag van Adrianopel (813)
Rekonstruksie van 'n Proto-Bulgaarse tent in die Etnografiese Kompleks Fanagoria naby Warna

Omstreeks of ná 612 n.C. het Slawiese groepe hulle uitbreiding op die Balkanskiereiland gerig en hulle in die Oos-Romeinse provinsies Moesia en Thracia gevestig. Die naam "Bulgaar" of "Bolgaar" is oorspronklik gebruik om na die sogenaamde Proto-Bulgare (Bulgaars: прабългари) te verwys wat in die 7de eeu uit hulle stamgebiede in die Swartseesteppe verdring is en onder Khan Asparuch en Khan Kuwer na die Balkan geëmigreer het. Hier het hulle ná vyandelike botsings twee onafhanklike khanate met die toestemming van die Bisantyne gestig: Asparuch die sogenaamde Eerste Bulgaarse Ryk in die Dobroedja (679) en Kuwer 'n tweede ryk in die huidige Masedonië (680).

Navorsers neem tans aan dat die Proto-Bulgare net 'n klein bolaag van die samelewing gevorm het en geleidelik deur die Slawiessprekende meerderheid geassimileer is, terwyl die etnoniem Bulgare na alle onderdane van die Bulgaarse khans begin verwys het. Wetenskaplikes tref eers ná die kerstening van die Bulgare in 864 geen onderskeiding meer tussen Slawe en Proto-Bulgare nie. Die Eerste Bulgaarse Ryk is tot en met 997 deur Proto-Bulgare geregeer, toe die Komitopuli-dinastie aan bewind gekom het, waarvan die oorsprong nog nie met sekerheid vasgestel is nie. Gelyktydig het nog 'n Bulgaarse ryk met 'n Proto-Bulgaarse en ander Turkse bevolkings aan die bolope van die Wolgarivier bestaan. Hierdie Proto-Bulgare staan ​​bekend as "Wolga Proto-Bulgare".

Die derde element in die Bulgaarse etnogenese was volgens die Bulgaarse nasionale geskiedskrywing die Thrakiërs, 'n volk wat sedert die 2de millennium v.C. die suide en vanaf die 8ste eeu v.C. ook die noordelike dele van die Balkanskiereiland bewoon het. Die beduidendste stedelike nedersettings en handelsplekke aan die Swartsee gaan terug na hierdie volk. Die moontlikheid bestaan dat daar in die 7de eeu nog 'n grotendeels geromaniseerde Thrakiese bevolking naas geïmmigreerde Slawiërs in die Bulgaarse khanate was, tog bly hierdie bewering steeds omstrede. Kritici beskou dié hipotese as 'n poging om 'n etniese kontinuïteit te konstrueer wat na die antieke bevolking van die gebied teruggaan.

Volgens historiese dokumente het die Bisantyne voor die Slawiese immigrante geswig, terwyl die meeste stede en nedersettings hul Slawiese en Thrakiese name oor 'n lang tydperk behou het en botsings met die inheemse bevolking blykbaar nie voorgekom het nie. Die meeste geskiedkundiges neem egter aan dat die Thrakiërs lankal geromaniseer of gehelleniseer was toe die Slawiërs na die Balkan uitgebrei het.

Godsdiens

'n Bulgaars-Ortodokse kruis by die Sint-Panteon-kerk in Bojana, Sofia
Bulgarye se patriargale katedraal, die Aleksander Nefski-herdenkkatedraal in Sofia

Christelike gemeentes van geromaniseerde Thrakiërs het al voor die stigting van die Bulgaarse Ryk in 679 en ook onder die Proto-Bulgare (Khan Kubrat) bestaan, maar hulle was nie representatief vir die groot meerderheid van die bevolking nie wat hoofsaaklik uit Slawiërs en Proto-Bulgare bestaan het – twee volksgroepe met hul eie heidense gode en godhede.

Die Proto-Bulgare het die hemelgod Tangra as hul oppergod vereer, terwyl die Slawiese godsdiens min of meer as natuurreligie beskryf kan word en die aanbidding van 'n aantal oppergode soos Peroen, Swarog of Svarožić ingesluit het. Dit is tans nie bekend of enkele Slawiërs destyds al die Christelike geloof oorgeneem het nie.

Met die kerstening van Bulgarye tydens die tweede helfte van die 9de eeu het hierdie godsdienstige verskille tussen die etniese groepe verdwyn. Die Bulgaarse volk het die Christendom in 864 onder Khan Boris I deur Photios I, die patriarg van Konstantinopel, as staatsreligie aanvaar.

Die Bulgaars-Ortodokse Kerk is in 927 deur die Bisantynse keiser Romanos I Lakapenos en die Bisantynse senaat as outokefale gekanoniseerde Ortodokse patriargaat-kerk erken en is sodoende een van die oudste Christelike kerke ter wêreld. Die vroeë kerstening onder Cyrillus en Methodius – ander Slawiese volke het die nuwe geloof eers later oorgeneem – was een van die belangrikste gebeurtenisse in die Bulgaarse geskiedenis en het die nasionale identiteit van Bulgare versterk. Die meerderheid Bulgare is vandag steeds Ortodokse Christene.

Taal

Cyrilliese alfabet van die middeleeuse Ou Bulgaarse taal

Die oorgrote meerderheid Bulgare praat Bulgaars, 'n Suid-Slawiese taal, as hul moedertaal. Dit is nie verwant aan die uitgestorwe tale van die Wolga- en Proto-Bulgare nie wat deel uitmaak van die Oghuriese of Bolgaarse tak van die Turkse taalfamilie.

Vanweë die uitbreiding van die Oud-Bulgaarse taal en kultuur (waaronder die ontwikkeling van die Cyrilliese alfabet aan die hof van die Bulgaarse tsare gedurende die 9de eeu) na ander Slawiese volke word daar in die historiese en taalkundige wetenskappe na die "Suid-Slawiese invloed" en "Ou Kerkslawies" gepraat.

Ou Kerkslawies het sy oorsprong in die huidige Bulgarye, en die meeste Oud-Slawiese tekste, wat oorgelewer is, toon Bulgaarse trekke. So beskou sommige wetenskaplikes en talle Bulgare Oud-Kerkslawies as 'n historiese vorm van die Bulgaarse taal waarna ook as "Oud-Bulgaars" (старобългарски /starobəlgarski/) verwys word.

Etniese groepe

'n Bulgaarse volkskunsgroep uit die Rhodope-bergreeks in hul tradisionele kleredrag

Die Bulgaarse volk kan volgens geografiese geweste in 'n aantal etniese groepe onderverdeel word:

  • in Thrasië – Thrakiese Bulgare of Thrakiërs (wat nie met die antieke Thrakiërs verwar moet word nie)
  • in die Balkangebergte – Balkaners of Balkandjii
  • in die Rhodope-bergreeks – Rupe of Rupzi
  • in der Dobroedja – Dobroedjaners of Dobroedjanzi
  • in die Sofia-vlakte – Sjope of Sjopi
  • in Makedonië – Makedoniese Bulgare of Macedoniërs (wat nie met die antieke Makedoniërs verwar moet word nie)
  • in die gewes Silistra-Tutrakan – Charzeoërs of Charzoi.

Kleiner etniese groepe sluit die Tronke in die Strandja-bergreeks, die Poljaners of die Kapanzers in Ludogorie in. Bulgaarssprekende Islamitiese Pomake vorm 'n eie etniese groep.

Verwysings

  1. (en) Steven L. Danver. Native Peoples of the World. Besoek op 27 April 2016. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)
  2. (en) Jeffrey E. Cole. Ethnic Groups of Europe: An Encyclopedia. Besoek op 27 April 2016. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)
  3. (en) Joan A. Argenter, R. McKenna Brown. On the Margins of Nations. Besoek op 27 April 2016. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)
  4. (en) Gordon, Raymond G. jr., red. (2005). "Languages of Turkey (Europe)". Ethnologue: Languages of the World (Fifteenth uitg.). Dallas, Texas: SIL International. ISBN 978-1-55671-159-6. {{cite book}}: Onbekende parameter |chapterurl= geïgnoreer (hulp)
  5. (tr) "Türkiye'deki Kürtlerin sayısı!". 6 Junie 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2018. Besoek op 27 April 2016.
  6. (bg) "Брой на българите в чужбина по данни от МВнР по ЗДОИ, 2011". EuroChicago.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2020. Besoek op 27 April 2016.
  7. (en) "Ukrainian 2001 census". ukrcensus.gov.ua. Besoek op 27 April 2016.
  8. (bg) "Bulgarians in Ukraine". Bulgarian Parliament. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 September 2019. Besoek op 27 April 2016.
  9. (de) "Anzahl der Ausländer in Deutschland nach Herkunftsland (Stand: 31. Dezember 2014)". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 27 April 2016.
  10. (bg) "Италианските българи". 24 Chasa. 26 Augustus 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Februarie 2014. Besoek op 27 April 2016.
  11. (es) "Población y Edad Media por nacionalidad y sexo". Instituto Nacional de Estadística. 1 Januarie 2014. Besoek op 27 April 2016.
  12. (en) Tanya Dimitrova, Thede Kahl. Migration from and towards Bulgaria 1989–2011. Frank & Timme GmbH. p. 56. Besoek op 27 April 2016.
  13. (en) "Total Ancestry Reported". United States Census Bureau. 2012. Besoek op 27 April 2016.
  14. (en) Carlos E. Cortés. Multicultural America: A Multimedia Encyclopedia. Besoek op 27 April 2016.
  15. (en) "Moldovan 2004 census". statistica.md. Besoek op 27 April 2016.
  16. (bg) "Ministry of Foreign Affairs of Bulgaria – Bulgarians in Argentina". mfa.bg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2020. Besoek op 29 April 2008.
  17. (en) "UK Migration Statistics Quarterly 2014 – Bulgarians in the UK". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 27 April 2016.
  18. (en) "Ethnologia Balcanica". p. 349. Besoek op 27 April 2016.
  19. (bg) "bTV – estimate for Bulgarians in Brazil". btv.bg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2017. Besoek op 27 April 2016.
  20. (it) "Demo ISTAT". ISTAT. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2019. Besoek op 27 April 2016.
  21. (en) Statistics Canada. "2011 National Household Survey: Data tables". Besoek op 27 April 2016.
  22. (en) Tanya Dimitrova, Thede Kahl. Migration from and towards Bulgaria 1989–2011. Frank & Timme GmbH. p. 39. Besoek op 27 April 2016.
  23. (ru) Russia 2010 census
  24. (nl) "CBS StatLine – Bevolking; generatie, geslacht, leeftijd en herkomstgroepering, 1 januari". cbs.nl. Besoek op 27 April 2016.
  25. (de) STATISTIK AUSTRIA. "Bevölkerung nach Staatsangehörigkeit und Geburtsland". statistik.at. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2019.
  26. (en) "Serbian 2011 census" (PDF). Statistical Office of the Republic of Serbia. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2018. Besoek op 27 April 2016.
  27. (en) "Ministry of Foreign Affairs of Bulgaria – Bulgarians in South Africa". mfa.bg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2012. Besoek op 8 Februarie 2011.
  28. (fr) "Population par nationalité, sexe, groupe et classe d'âges au 1er janvier 2010". fgov.be. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017. Besoek op 27 April 2016.
  29. (bg) "Ministry of Foreign Affairs of Bulgaria – Bulgarians in Poland". mfa.bg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Maart 2012. Besoek op 27 April 2016.
  30. (en) "Statistik Sverige". Statistik Sverige.[dooie skakel]
  31. (en) "Population and elections – StatBank Denmark – data and statistics". statistikbanken.dk. Besoek op 27 April 2016.
  32. (pt) "National Institute of Statistics of Portugal – Foreigners in 2013" (PDF). sefstat.sef.pt. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2017. Besoek op 27 April 2016.
  33. (bg) "Bulgaria's State Agency for Bulgarians Abroad – Study about the number of Bulgarian immigrants as of 03.2011". aba.government.bg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2019. Besoek op 27 April 2016.
  34. (cz) "Czech Statistical Office – Foreigners in 11.2011" (PDF). czso.cz.
  35. (ro) "Romanian 2011 census". edrc.ro. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2017. Besoek op 27 April 2016.
  36. (bg) "ЩЕ ПРИВЛИЧАМЕ ТУРИСТИ ОТ ОАЕ ЧРЕЗ ДИРЕКТНИ ПОЛЕТИ". Bulgaria News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 27 April 2016.
  37. (en) "Australian 2011 census" (PDF). abs.gov.au. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 17 April 2017. Besoek op 27 April 2016.
  38. (no) http://www.ssb.no/eninnvbef%5Bdooie+skakel%5D
  39. (bg) "Национален съвет за сътрудничество по етническите и интеграционните въпроси". government.bg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Augustus 2017. Besoek op 27 April 2016.
  40. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, South". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Maart 2016. Besoek op 14 Oktober 2015.
  41. (en) Slawiërs
  42. (en) Minahan, James (2000). One Europe, many nations: a historical dictionary of European national groups. Greenwood Publishing Group. p. 134 – 135. ISBN 0-313-30984-1. Besoek op 13 November 2011.
  43. (en) Kulturele nabyheid van die Slawiese Nasies
  44. (de) Ulrich Büchsenschütz: Nationalismus und Demokratie in Bulgarien seit 1989, in Egbert Jahn (red.): Nationalismus im spät- und postkommunistischen Europa. Boekdeel 2: Nationalismus in den Nationalstaaten, Verlag Nomos 2009, ISBN 978-3-8329-3921-2, bl. 573

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.