Buffelwewer

Die Buffelwewer (Bubalornis niger) is 'n algemene standvoël en plaaslike trekvoël in droë boomveld en savanne. In Engels staan die voël bekend as die Red-billed buffalo weaver.

Buffelwewer
Mannetjie in Tanzanië
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Bubalornis
Spesie:
B. niger
Binomiale naam
Bubalornis niger
Smith, 1836

Beskrywing

Die voël is tussen 21 en 24 cm groot en weeg van 64 tot 92 gram. Mannetjies is oorwegend swart en wyfies bruin gekleurd. Albei geslagte het rooi snawels en wit basisse aan die slagvere. Onvolwassenes verskil van die wyfies deur die ligte spikkels en bande oor die keel-, bors- en pensvere.

Gewoontes

Hulle broei in groot, slordige stokkiesneste, elk met 1 tot 10 broeikamers, in 'n groot boom of kragmas. Sommige mannetjies is poliginies en bou verskeie neste om wyfies te lok. Ander mannetjies vorm koalisies en help die kleintjies grootmaak.

Fotogalery

Sien ook

Bron

Verwysings

  1. BirdLife International (2012). "Bubalornis niger". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012. {{cite web}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.