Buffelsrivier (KwaZulu-Natal)
Die Buffelsrivier of Mzinyathi is die grootste sytak van die Tugelarivier in Suid-Afrika. Die bron is die Majubaberg, die "berg van duiwe" in Zoeloe, wat noord van Volksrust naby die grens tussen Mpumalanga en KwaZulu-Natal geleë is. Dit vloei suidwaarts verby Newcastle, draai dan suidoos verby Rorke's Drift waarna dit by die Tugelarivier[1] by Ngubevu (naby Nkandla) aansluit.
- Die artikel handel oor die Buffelsrivier in KwaZulu-Natal, vir ander riviere, sien Buffelsrivier.
Buffelsrivier - Mzinyathi | |
---|---|
Stroomgebied | KwaZulu-Natal, Suid-Afrika |
Hoofrivier | Tugelarivier |
Oorsprong | Volksrust (Suid-Afrika) |
Sytak -links | vele, sien teks |
Sytak -regs | vele, sien teks |
Monding | naby Nkandla in die Tugelarivier |
Monding-hoogte | 465 m |
Buffelsrivier - Mzinyathi |
|
Koördinate: 28°42′59″S 30°48′30″O |
Gedurende die negentiende eeu was die rivier deel van die grens tussen Zoeloeland en die kolonie van Natal.
Sytakke
Verwysings
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.