Buffelshoeknek
Buffelshoeknek in die Groot-Bruintjieshoogte is 'n bergpas wat op die R337-grondpad noordoos van Pearston op die pad na Cradock lê. Dit staan ook bekend as Buffelshoekpas en Buffelshoekkloof. Op 1 310 m bereik die pas sy hoogste punt. Die maksimum helling van die pas is 1:8. Dit is in 1824 gebou.
Let op dat daar in die Sederberge op die R303 ook 'n Buffelshoekpas lê.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.