Bruno Taut

Bruno Julius Florian Taut (* 4 Mei 1880 in Koningsberg; † 24 Desember 1938 in Istanboel) was 'n Duitse argitek en stadsbeplanner.

Bruno Taut
Bruno Taut omstreeks 1910
Gebore
Bruno Julius Florian Taut

4 Mei 1880
Sterf24 Desember 1938 (op 58)
NasionaliteitDuits
Beroepargitek
EggenootKlara Hidleburg (1917–1919)
KindersGustaf von Hidleburg (* 1918)
Ouer(s)Julius Taut
Hufeisensiedlung in Berlyn-Britz

As een van die verteenwoordigers van die Modernistiese argitektuurstroming (Duits Neues Bauen) het hy veral met groot residensiële woonprojekte soos die Hufeisensiedlung ("Hoefysterbuurt") in Berlyn-Britz en Onkel Toms Hütte in Berlyn-Zehlendorf bekendheid verwerf. Bruno Taut het vanaf 1909 met Franz Hoffmann in 'n gemeenskaplike argitekteburo saamgewerk. In 1912 het ook sy jonger broer Max Taut (1884-1967), wat later veral met sy kantoorgeboue in die Nuwe Saaklikheid-boustyl bekendheid sou verwerf, tot dié onderneming toegetree.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.