Bruinsalie
Bruinsalie (Salvia africana-lutea) is 'n geharde aromatiese struik, wat ongeveer 2 m hoog word. Dit is inheems in Suid-Afrika en kom voor aan die kus van Namakwaland tot by die Kaapse Skiereiland en ooswaarts daarvandaan tot by Port Alfred.[1] Dit dra blomme wat eers geel is, en later verkleur totdat dit goudbruin van kleur is. Die blomme en blare kan gebruik word om 'n tee te maak vir die behandeling van hoes, verkoues, vroulike kwale en brongitis.[2]
Bruinsalie | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Salvia |
Spesie: | S. africana-lutea |
Binomiale naam | |
Salvia africana-lutea L. | |
Verwysings
- http://pza.sanbi.org/salvia-aurea
- "Growwild.co.za: Salvia africana-lutea" (in Engels). Growwild. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2018. Besoek op 30 Augustus 2018.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.