Bruingrondsuikerbos
Die bruingrondsuikerbos (Protea restionifolia) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die bekende Protea genus. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom voor in die boonste gedeelte van die Breederiviervallei tot die Botriviervallei en die Koue Bokkeveld waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die struik vorm 'n digte wortelagtige mat van 1.0 m in deursnee. Dit blom van Augustus tot Oktober met die hoogtepunt in September.
Bruingrondsuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. restionifolia |
Binomiale naam | |
Protea restionifolia (Salisb. ex Knight) Rycroft, 1962 | |
Sinonieme | |
|
Die plant spruit weer uit nadat dit gebrand het. Die saad word een tot twee jaar nadat blomme gevorm is, vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind moontlik plaas deur die werking van knaagdiere. Die plant groei in karooagtige fynbos of renosterveldagtige fynbos op hoogtes van 150 - 300 m.
In Engels staan dit as die Reed-leaf Sugarbush bekend.