Bruinbaardsuikerbos
Die bruinbaardsuikerbos (Protea speciosa) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die bekende Protea genus. Die plant is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom voor vanaf die Kaapse Skiereiland tot by Bredasdorpberge en is deel van die fynbos-bioom. Die struik groei regop, word tot 1.2 m hoog en blom van Junie tot Januarie met die hoogtepunt in September tot Oktober.
Bruinbaardsuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. speciosa |
Binomiale naam | |
Protea speciosa (L.) L., 1771 | |
Sinonieme | |
|
Die plant spruit weer uit na 'n brand. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in bergagtige, koel, suidelike hellings op hoogtes van 0 - 1 300 m.
In Engels staan dit as die Brown-beard sugarbush bekend.
Galery
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bruinbaardsuikerbos.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.