Brooklyn, Pretoria

Brooklyn is 'n voorstad van Pretoria, Suid-Afrika. Dit is 'n gesogte, boomryke, gevestigde gebied wat oos van die stadskern geleë is. Dit beslaan weelderige wonings, besighede langs die groter strate soos Duncanstraat en Charlesstraat en luukse winkelsentrums. Dit grens aan die Universiteit van Pretoria in Hillcrest in die noorde, Menlopark in die ooste, Bailey's Muckleneuk en Sunnyside in die weste en Nieuw-Muckleneuk en Waterkloof in die suide. Die Pretoria Boys High School is in die woonbuurt geleë.

Brooklyn
Voorstad
Nieuw-Muckleneuk en Brooklyn voorstede
Nieuw-Muckleneuk en Brooklyn voorstede
Koördinate: 25°46′12″S 28°14′12″O
Oppervlak
  Totaal2,56 km2 (0,99 vk. myl)
Bevolking
  Totaal4 177
  Digtheid1 600/km2 (4 200/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
Busse: 0011
Strate: 0181
Skakelkodes012

Geskiedenis

Brooklyn het sy naam te danke aan James Brooks, 'n landmeter wat gehelp het met die opmeet van die Lourenço Marques-spoorlyn. Brooksstraat, Jamesstraat en Brooks House gedenk ook sy verblyf in Brooklyn.[1]

Brooks was die oorspronklike eienaar van die grond waar Brooklyn vandag geleë is. Hy het die grond in 1886 bekom,[2] en kort daarna vir hom en sy vrou, Catherine, 'n spoggerige herehuis laat bou. Die opstal, bekend as Brooks House, staan vandag nog op Brookstraat 109, en huisves tans die Kweekskool van die Afrikaanse Protestante Kerk (APK).[3]

Galery

Verwysings

Sien ook

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.