Brooklyn, Kaapstad
Brooklyn is 'n voorstad van Kaapstad in die Wes-Kaap met 'n bevolking van 10 941. Brooklyn lê ten noorde van Maitland, wes van die Lugmagbasis Ysterplaat en ten ooste van Paarden Eiland. Die Swartrivier vloei deur 'n gedeelte van Brooklyn.[3]
Brooklyn, Kaapstad | |
---|---|
Brooklyn, Kaapstad se ligging in Wes-Kaap | |
Koördinate: 33°54′37″S 18°28′56″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Munisipaliteit | Stad Kaapstad |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,58 km2 (0,61 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 10 941 |
• Digtheid | 6 925/km2 (17 940/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 30.28% |
• Indiërs/Asiërs | 1.17% |
• Bruin mense | 31.46% |
• Swart mense | 35.60% |
• Ander | 1.49% |
Taal (2011) | |
• Engels | 52.6% |
• Afrikaans | 22.3% |
• Xhosa | 5.0% |
• Ander | 20.1% |
Poskode (strate) | 7405[2] |
Skakelkode | 021 |
Bestuur
Brooklyn is geleë in wyk 55 van die Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit. Die sittende wyksraadslid is Fabian Ah-Sing van die Demokratiese Alliansie. Wyk 55 is ook deel van subraad 15.
Demografie
Volgens die 2011-sensus het die bevolking van Brooklyn 10 941 getel. Hiervan het 35,60% hulself as "Swart mense" beskryf, 31,46% as "Kleurling", 30,28% as "Wit", 1,17% as "Indiër" of "Asiër" en 1,49% as ander.[1] 52,6% van die mense het Engels as hul eerste taal gepraat, 22,3% het Afrikaans gepraat, 5% het Xhosa gepraat en 20% ander tale.[1]
Onderwys
Skole in die voorstad is:
- Hoërskool Buren
- Holy Cross Convent School
- Laerskool Ysterplaat
- Juniorlaerskool Ysterplaat
Vervoer
Die M5 loop deur Brooklyn. Die N1 is ten suide van Brooklyn geleë. MyCiTi het roetes wat deur Brooklyn gaan, dus ry busse gereeld deur die voorstad. Belangrike paaie in die voorstad sluit Sectionstraat en Koebergweg in. [4]
Verwysings
- "Subplek Brooklyn, Kaapstad". Sensus 2011.
- http://www.blaauwberg.net/postalcodes_results.php?value=b
- https://wazimap.co.za/profiles/ward-19100055-city-of-cape-town-ward-55-19100055/
- "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2019. Besoek op 18 Januarie 2020.