Bronville

Bronville is 'n Kleurling/Swart-woonbuurt op die goudvelde van die provinsie Vrystaat in Suid-Afrika. Die dorp is gestig gedurende die jare van skeiding van swart en bruin mense aangrensend aan die stad Welkom, om werkers te huisves wat op die wêreld se rykste goudmyne gewerk het.

Bronville
Bronville is in Vrystaat
Bronville
Bronville
 Bronville se ligging in Vrystaat
Koördinate: 27°58′0″S 26°48′40″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistrikLejweleputswa
MunisipaliteitMatjhabeng
Oppervlak
  Totaal2,25 km2 (0,87 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal9 966
  Digtheid4 429/km2 (11 470/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Indiërs/Asiërs0.5%
  Bruin mense60.5%
  Swart mense38.6%
  Ander0.4%
Taal (2011)
  Afrikaans 66.5%
  Suid-Sotho 20.9%
  Xhosa 5.7%
  Engels 3.1%
  Ander 3.8%

Die buurt is 'n deel van die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit in die Lejweleputswa-distriksmunisipaliteit.

Bevolkingsverdeling

Vandag het die townships van Thabong en Bronville 'n bevolking van ongeveer 200 000 inwoners. Gewoonlik word verwys na Thabong, met sy 49 onderdele, as die kombinasie van beide Thabong en Bronville, al word Bronville as 'n onafhanklike dorp van Welkom geklassifiseer.

Verwysings

  1. "Subplek Bronville". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.