Broccoli
Broccoli is 'n eetbare plant in die koolfamilie, wat se groot blomhoof as groente dien. Die koolspesie Brassica oleracea word as 'n verskeidenheid uiteenlopende plantrasse gekweek. Die Italiaanse woord "broccoli" (meervoud van "broccolo"), verwys na "die blomdraende hoof van 'n kool".[1]
Broccoli | |
---|---|
Die broccoli plant | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
(geen rang): | |
Orde: | Brassicales |
Familie: | Brassicaceae |
Genus: | Brassica |
Spesie: | B. oleracea |
Binomiale naam | |
Brassica oleracea Kultivar groep: Italiaanse Groep | |
Broccoli het redelike groot blomhoofde, gewoonlik groen van kleur, in 'n boomagtige struktuur gerangskik op takke wat uit 'n stewige, eetbare stam spruit. Die volle massa van blomhofies word deur rubberagtige blare beskut.
Broccoli-plante lyk soos blomkool, maar is 'n verskillende kultivargroep van dieselfde spesie.
Broccoli word meestal saggekook of gestoom, maar kan ook rou genuttig word.[2]
Etimologie
Die woord broccoli kom van die meervoud van die Italiaanse woord broccolo, wat 'die blomkop van kool' beteken, en is die verkleiningsvorm van brocco, wat 'klein spyker' of 'spruit' beteken.
Geskiedenis
Broccoli het ontstaan uit die teel van Brassicagewasse in die noordelike Middellandse See, ongeveer in die sesde eeu vC. Dit het sy oorsprong in primitiewe kultivars wat in die Romeinse Ryk verbou is, en is waarskynlik verbeter deur kunsmatige seleksie in die suidelike Italiaanse skiereiland of op Sisilië. Broccoli is teen die 18de eeu na Noord-Europa versprei en in die 19de eeu deur Italiaanse immigrante na Noord-Amerika gebring.[3][4][5][6]
Verbouing
Die meerderheid broccolikultivars is gewasse bedoel vir koel weer wat swak vaar in warm somerweer. Broccoli groei die beste wanneer dit blootgestel word aan gemiddelde daaglikse temperature tussen 18 en 23° C. As die groep blomme, ook na verwys as 'n 'kop' van broccoli, in die middel van die plant verskyn, is die tros oor die algemeen ryp. Tuinsnoeiskêre word gebruik om die kop ongeveer 25 mm van die punt af te sny. Broccoli moet geoes word voordat die blomme op die kop heldergeel blom.
Voedingswaarde
Broccoli, rou Voedingswaarde per 100 g | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Energie 30 kcal 140 kJ | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
skakel na die USDA-databasis-inskrywing Persentasies is relatief tot VSA aanbevelings vir volwassenes. Bron: USDA Voedingstof-databasis |
Verwysings
Wikimedia Commons bevat media in verband met Brassica oleracea. |
- Merriam-Webster woordeboek
- "Broccoli Leaves Are Edible" (in Engels). Garden Betty. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Augustus 2017. Besoek op 8 November 2013.
- Maggioni, Lorenzo; Bothmer, Roland; Poulsen, Gert; Branca, Ferdinando (2010). "Origin and Domestication of Cole Crops (Brassica oleracea L.): Linguistic and Literary Considerations". Economic Botany. 64 (2): 109–123. doi:10.1007/s12231-010-9115-2. S2CID 2771884.
- Nonnecke, Ib (November 1989). Vegetable Production. Springer-Verlag New York, LLC. p. 394. ISBN 978-0-442-26721-6.
- Stansell, Zachary (ORCID); Björkman, Thomas (1 Oktober 2020). "From landrace to modern hybrid broccoli: the genomic and morphological domestication syndrome within a diverse B. oleracea collection". Nature Horticulture Research (in Engels). 7 (1): 159. doi:10.1038/s41438-020-00375-0. ISSN 2052-7276. PMC 7528014. PMID 33082966. S2CID 224724369.
{{cite journal}}
: Eksterne skakel in
(hulp)|first1=
- Stansell, Zachary; Hyma, Katie; Fresnedo-Ramírez, Jonathan; Sun, Qi; Mitchell, Sharon; Björkman, Thomas; Hua, Jian (1 Julie 2018). "Genotyping-by-sequencing of Brassica oleracea vegetables reveals unique phylogenetic patterns, population structure and domestication footprints". Nature Horticulture Research (in Engels). 5 (1): 38. doi:10.1038/s41438-018-0040-3. ISSN 2052-7276. PMC 6026498. PMID 29977574.