Monargie van die Verenigde Koninkryk
Die monargie van die Verenigde Koninkryk (algemeen die Britse monargie genoem) is die grondwetlike monargie van die Verenigde Koninkryk en sy oorsese gebiede. Die monarg se titel is "koning" (manlik) of "koningin" (vroulik). Koning Charles III is sedert 2022 die monarg. Hy het die troon bestyg ná die dood van sy moeder, koningin Elizabeth II.
Die monarg (en sy of haar onmiddellike familie) onderneem verskeie amptelike, seremoniële, diplomatieke en verteenwoordigende pligte. Omrede die monargie grondwetlik is, is die monarg beperk tot nie-partydige funksies, soos die toeken van ordes en die aanstel van die Eerste Minister. Die monarg is, volgens tradisie, die hoof van die Britse gewapende magte. Die monarg is ook die hoof van die Kerk van Engeland, alhoewel die werklike gesag by die aartsbiskop van Canterbury lê.
Omdat die Britse monarg die hoof van die Britse Statebond is, is hy/sy ook die staatshoof van verskeie lidlande, insluitende: Antigua en Barbuda, Australië, Bahamas, Barbados, Belize, Kanada, Grenada, Jamaika, Nieu-Seeland, Papoea-Nieu-Guinee, St. Kitts en Nevis, St. Lucia, St. Vincent en die Grenadines, Solomoneilande en Tuvalu.
Geskiedenis
Die Britse monargie is ongeveer in die jaar 1000 deur die Skotse konings en die konings van Angel, Denemarke begin (die woord Anglo-Saksies is hiervan ontleen). Die laatste Angel-Saksiese koning, Harold II van Engeland is in 1066 verslaan.
Sedert 1707 (die ontstaan van die Koninkryk van Groot-Brittanje) het die aparte lande van die Verenigde Koninkryk nie meer hulle eie konings nie, maar heers een koning oor die hele Groot-Brittanje.