Brits

Brits is 'n dorp in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika.

Brits
Brits gesien vanaf Dewetsnek in die Magaliesberg
Brits gesien vanaf Dewetsnek in die Magaliesberg
Brits is in Noordwes (Suid-Afrikaanse provinsie)
Brits
Brits
 Brits se ligging in Noordwes
Koördinate: 25°38′4″S 27°46′52″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoordwes
DistrikBojanala
MunisipaliteitMadibeng
Stigting1924
Oppervlak
  Totaal114,7 km2 (44,3 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal53 511
  Digtheid467/km2 (1 210/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense22.3%
  Indiërs/Asiërs2.7%
  Bruin mense3.6%
  Swart mense70.4%
  Ander0.9%
Taal (2011)
  Tswana 28.6%
  Afrikaans 25.9%
  Noord-Sotho 10.1%
  Tsonga 10.1%
  Ander 25.3%
Poskode (strate)
0250
Skakelkode012

Geskiedenis

Brits is op 25 Mei 1924 op die plaas Roodekopjes gestig en na die eienaar Johannes Nicolaas Brits vernoem.

Omgewing

Die Krokodilrivier vloei net wes van die dorp verby. Die ontwikkeling van die dorp het 'n groot hupstoot gekry toe die Hartbeespoortdam in 1924 gebou is in die Krokodilrivier suid van die dorp. Gewasse soos tabak, koring, sitrusvrugte, lusern, groente en selfs tafeldruiwe word verbou onder besproeiing. Noord van die dorp vloei die rivier in die Rooikoppiesdam in.

Graniet, platinum, chroom en magnetiet word in die omgewing gemyn.[2]

Sien ook

Verwysings

  1. Som van die hoofplekke Brits en Oukasie Sensus 2011.
  2. B.P.J. Erasmus. Op Pad in Suid-Afrika. 1995. p. 208. ISBN 1-86842-026-4

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.