Brik
'n Brik is 'n seilskip met twee maste. Die skepe het al in die 16de eeu voorgekom, maar is veral in die loop van die 18de eeu as 'n betreklike klein, vinnige oorlogskip gebruik, later ook as koopvaardyskip. Brikke kan nie maklik wind op vaar nie en het 'n relatief groot bemanning nodig om hulle aan die beweeg te kry.
![](../I/Brig2_(PSF).jpg.webp)
'n Brik
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.