Brenta (rivier)
Die Brenta is 'n rivier in Noord-Italië met 'n lengte van 174 kilometer. Dit ontspring suidoos van Trento in Trentino-Suid-Tirol en word gevoed deur water uit twee mere, Caldonazzo en Levico. Hul wateraflope verenig naby Levico Terme. Die Brenta vloei deur die vallei Valsugano, aanvanklik in oostelike rigting, vervolgens suidwaarts. Naby Bassano del Grappa verlaat die rivier die Suidelike Kalkalpe en vloei verder deur die Venesiaanse vlakte (wat deel uitmaak van die groter Po-riviervlakte). Venesië se hoofkanaal en -waterweg Canal Grande vorm die laaste gedeelte van die rivierloop voordat die Brenta suid van die Venesiaanse strandmeer in die Adriatiese See uitmond.
Brenta | |
---|---|
Die Brentakanaal tussen die Brentarivier en Bacchiglione | |
Oorsprong | van die mere Levico en Caldonazzo, Italië |
Monding | naby Venesië, Italië Adriatiese See |
Stroomgebied | Italië |
Lengte | 174 km (108 myl) |
Oorspronghoogte | 450 m (1 480 vt) |
Mondinghoogte | 0 m |
Gemiddelde afloop | 60 tot 90 m³/s (2 100 tot 3 200 vt³/s); Barzizza 93 m³/s (3 300 vt³/s) |
Stroomgebiedopp. | 2 300 km² (890 myl²) |
Drie eeue lank het 'n vloot van bote op 13 Junie, die amptelike begin van somer, vanuit die Canal Grande op die Brenta gevaar om adellike en welvarende Venesiane na hul somerpaleise langs die rivieroewers te neem waar hulle tot November gebly het. Sowat tagtig villa's het langs die Brenta tussen Venesië en die elegante universiteitstad Padua bewaar gebly waarvan ses hul deure vir die algemene publiek open.
Galery
- Voetgangers op die Ponte Vecchio in Bassano del Grappa
- Die Brentarivier in Bassano del Grappa, provinsie Vicenza, Veneto
- Die befaamde argitek Andrea Palladio se oordakte houtbrug Ponte Vecchio ("Ou Brug") oor die Brenta is in 1569 in Bassano del Grappo gebou. Dit is verskeie kere vernietig, die laaste keer gedurende die Tweede Wêreldoorlog, en heropgebou
- Venesiaanse adellikes se jaarlikse boottoer na die somervilla's langs die Riviera del Brenta herleef met moderne plesierbote wat toeriste van Padua na Venesië se Canal Grande (of in die teenoorgestelde rigting) neem
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Brenta (rivier).
- Inligting
- VenetoInside.com: Riviera del Brenta
- padovanavigazione.it: From Padua to the Venetian Villas along the Brenta Riviera
- Media