Breekpunt
Breekpunt is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1971 deur Mimosa Films vervaardig en uitgereik is. Daan Retief was die regisseur en skrywer.
Breekpunt | |
---|---|
Regisseur | Daan Retief |
Produksieleier | Bill Troskie |
Draaiboek | Daan Retief |
Met | Cobus Rossouw, Tani de Lange, Dawid Swart e.a. |
Kinematografie | Herman Esterhuizen |
Redigeerder | Ute Albrecht |
Verspreider | Constantia Film Productions |
Uitgereik | 1971 |
Speeltyd | 77 min. |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
Die rolprent is 'n drama.
Akteurs
Van die akteurs is Cobus Rossouw, Tani de Lange en Dawid Swart. Tani de Lange is benoem vir die Gert van den Bergh-prys vir haar vertolking van Marie.
Storielyn
Die verhaal speel af teen die agtergrond van die droë landskappe van Noordwes-Kaapland en Suid-Namibië. Op Marie se troudag word sy deur haar jaloerse vorige verloofde ontvoer. Hy dreig om haar en homself te skiet as sy probeer ontsnap. Dan gaan haar huidige verloofde op ’n soektog na haar.
Sien ook
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.