Breëriviergeelhout
Die Breëriviergeelhout (Podocarpus elongatus) is 'n boom wat voorkom en beperk is tot rivieroewers en rotsagtige plekke in die suid-Wes-Kaap. Dit is die enigste spesie van die geelhoutbome wat nie in woude voorkom nie. Die boom groei in habitatte wat so nou en dan versteur word en is die enigste spesie wat daarna weer uitloop. Die spesie is ook inheems in Malawi, Zambië en Zimbabwe.
Breëriviergeelhout | |
---|---|
Habitus in die Pretoria Botaniese Tuin | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | Pinales |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. elongatus |
Binomiale naam | |
Podocarpus elongatus (Aiton) L'Hér. ex Pers., (1807) | |
Sinonieme | |
|
Die boom se FSA-nommer is 15.[1] Soos ander geelhoute is dit 'n beskermde spesie in Suid-Afrika.[2]
Galery
lower nabyskoot van loof loof en vrugte vrug en groen vrugbodem
Verwysings
- https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
- Creecy, Barbara Dallas (1 Maart 2021). "Goewermentskennisgewings nr. 15, National Forests Act: List of protected tree species" (PDF). gov.za. Staatskoerant, No. 44204. Besoek op 20 Junie 2022.
Bronne
- Watter Boom is dit?; Eugene Moll, 2013, ISBN 978-1-77007-832-1
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.