Brandvlei
Brandvlei is 'n dorpie in die hart van die Boesmanland, Noord-Kaap, Suid-Afrika. Dit is geleë langs 'n groot pan. Die dorpie het in 1961 munisipale status verkry. Sout word in die omgewing ontgin. Daar is ook verskeie Boesmantekeninge te sien in die omgewing.
Brandvlei | |
---|---|
![]() | |
![]() ![]() Brandvlei ![]() | |
Koördinate: 30°21′S 21°49′O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Namakwa |
Munisipaliteit | Hantam |
Stigting | 1862 |
Oppervlak | |
• Totaal | 29,25 km2 (11,29 vk. myl) |
Hoogte | 922 m (3 025 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 859 |
• Digtheid | 98/km2 (250/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 5.0% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 89.9% |
• Swart mense | 4.3% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 94.9% |
• Gebaretaal | 2.4% |
• Xhosa | 1.3% |
Poskode (strate) | 8915 |
Skakelkode | 054 |
Volgens oorlewering het die dorpie sy naam gekry toe 'n ou trekboer ene 'ou Brand' die droë gras per ongeluk aan die brand gesteek het, vandaar die naam Brandvlei. Verneukpan is halfpad tussen Brandvlei en Kenhardt. In die suide lê die Aasvoëlkopvlakte.
Sien ook
Bron
B.P.J. Erasmus: Op Pad in Suid-Afrika. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- "Hoofplek Brandvlei". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.