Brandenburger SC Suid 05

Brandenburger SC Suid 05 is 'n sportklub uit Brandenburg an der Havel in die deelstaat Brandenburg in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Benewens sokker het die klub ook onder meer afdelings vir kegelbal, kanovaart, fietsry, swem en vlugbal.

Brandenburger SC Suid 05

Volledige naamBrandenburger Sportclub
Süd 05 e.V.
Stigtingsdatum13 Oktober 1905
TuisveldWerner Seelenbinder-Sportzplatz,
Brandenburg an der Havel
Kapasiteit6 000
KompetisieOberliga Noordoos-Noord

Die klub het op 13 Oktober 1905 ontstaan as Brandenburger BC 05 uit die samesmelting van twee ouer klubs genaamd Tasmania en Fußballclub Germania. Fußballclub Germania is in 1902 gestig en Tasmania het ontstaan toe 'n groep sokkerspelers van Fußballclub Germania weggebreek het.

In Oktober 1933 is Duitse sport deur die Nazi’s geherstruktureer en verskeie sportklubs in Brandenburg is gedwing om met die klub saam te smelt onder die benaming Brandenburger SC 05. Dié besluit het die klub aansienlik versterk en in 1937 het die klub gepromoveer na die Gauliga Berlyn-Brandenburg op die hoogste vlak van die destydse Duitse sokkerstruktuur. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind. Die klub is in 1945 heropgerig as Sportgemeinde Brandenburg-West. In 1948 is die naam verander na BSG Traktorwerke Brandenburg. Die volgende jaar het die klub met BSG Ernst Thälmann Brandenburg en BSG Konsum Brandenburg (vroeër SG Brandenburg-Nord) saamgesmelt om ZSG Werner Seelenbinder Brandenburg te vorm. In 1951 is ZSG herdoop na BSG Motor Süd Brandenburg.

Die klub se beste prestasie voor die hereniging van Duitsland was om die kwarteindrondte van die FDGB Pokal (Oos-Duitse uitklopbeker) in 1959 te haal. Na die Duitse hereniging in 1990 het die klub die naam Branderburger SC Süd 05 aangeneem en in 1991 het Chemie Premnitz by die klub aangesluit.

Onlangse ligaposisionering

  • 1990-91 (IV) Verbandsliga Brandenburg 8ste
  • 1991-92 (IV) Verbandsliga Brandenburg 3de
  • 1992-93 (IV) Verbandsliga Brandenburg 2de
  • 1993-94 (IV) Verbandsliga Brandenburg 5de
  • 1994-95 (V) Verbandsliga Brandenburg 5de
  • 1995-96 (V) Verbandsliga Brandenburg 3de
  • 1996-97 (V) Verbandsliga Brandenburg 4de
  • 1997-98 (V) Verbandsliga Brandenburg 3de
  • 1998-99 (V) Verbandsliga Brandenburg 1ste
  • 1999-00 (IV) Oberliga Noordoos-Suid 9de
  • 2000-01 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 6de
  • 2001-02 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 7de
  • 2002-03 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 8ste
  • 2003-04 (IV) Oberliga Noordoos-Noord 17de
  • 2004-05 (V) Verbandsliga Brandenburg 13de
  • 2005-06 (V) Verbandsliga Brandenburg 6de
  • 2006-07 (V) Verbandsliga Brandenburg 8ste
  • 2007-08 (V) Verbandsliga Brandenburg 2de
  • 2008-09 (V) Oberliga Noordoos-Noord

Verwysings

  • Grüne, Hardy (2001). Vereinslexikon. Kassel: AGON Sportverlag ISBN 3-89784-147-9

Eksterne skakels

Oberliga Noordoos-Noord 2008/09-seisoen

Berlin AK 07 | BFC Dynamo | FSV Bentwisch | BFC Preussen | Lichterfelder FC |
Spandauer SV | Tennis Borussia Berlyn | Reinickendorfer Vosse | Brandenburger SC Suid 05 |
Greifswalder SV 04 | Ludwigsfelder FC | TSG Neustrelitz | Germania Schöneiche |
SV Falkensee-Finkenkrug | Torgelower SV Greif | FSV Optik Rathenow

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.