Brakrivier
Daar is in Suid-Afrika ‘n dertigtal plek- en riviername met die woord “brak”. Dit toon dat die aard van die grond ‘n groot rol gespeel het by die naamgewing. Van die bodemgesteldheid hang dit af of die gebied geskik is vir landbou en veeteelt.
Bekende voorbeelde van sulke name is:
- Brakpan (Gauteng)
- Brakkefontein (die ou naam vir Aberdeen)
- Groot-Brakrivier (tussen George en Mosselbaai)
- Klein-Brakrivier (tussen George en Mosselbaai)
- Klein-Brakrivier, 'n boloop van die Brakrivier, Bo-Karoo
- Grootbrakrivier (noordelike Oos-Kaap)
- Brakspruit (Oos-Kaap), sytak van die Oranje
- Brakrivier (Warmwaterberg)
- Brakrivier (Kammanassie)
- Brakrivier (Limpopo)
- Brakboseiland, een van die eilande in die Oranjerivier
- Brakvlei
- Brakpoortrivier, 'n boloop van die Brakrivier, Bo-Karoo, sytak van die Oranje.
- Brakrivier, Bo-Karoo, 'n sytak van die Oranje.
- Brakrivier, Bo-Karoo, 'n sytak van die Sakrivier, Boesmanland
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.