Braggiet
Braggiet is 'n PGE-mineraal met formule (Pt,Pd,Ni)S. Dit is een van die belangrikste platinumertse.
Braggiet | |
---|---|
![]() | |
Braggiet is deel van die PtS-PdS-NiS-sisteem[1] | |
Formule | (Pt,Pd,Ni)S |
Glans | metallies |
Hardheid | 5 (Mohs) |
Digtheid | 10 g/cm3 |
Transparansie | opaak |
Ruimtegroep | P4₂/m |
Eenheidsel | a= 6.367(3), b =6,561(6) (Pt0,96Pd0,24Ni0,12S1.01) |
* Lys van minerale | |
Portaal ![]() |
Die mineraal is na Sir William Henry Bragg (1862-1942) en sy seun Sir William Lawrence Bragg (1890 - 1971) genoem. Hulle is die uitvinders van die X-straal diffraksie en hierdie mineraal was die eerste een wat met hierdie nuwe tegniek ontdek is.
Navorsing aan die minerale van die PtS-PdS-NiS fasediagram het aangetoon dat altwee cooperiet en braggiet -wat 'n anderse struktuur het- ontstaan uit magmatiese smelte bo 1000 °C, terwyl vysotskiet by laer tempereature ontstaan. Braggiet en vysotskiet is nogtans wel isostruktureel. Die natuurlike mineraal braggiet bevat altyd nikkel. Natuurlike braggiet ontstaan uit 'n smelt wat gewoonlik nikkelryk is. Sintetiese braggiet sonder nikkel kan egter wel vervaardig word en dit is stabiel. [1]
Verwysings
- On cooperite, braggite van vysotskite Louis J. Cabri, J.H. Gilles Laflamme, John M. Stewart, Kent Turner, Brian J. Skinner, American Mintalogist 65, 1978 832-839