Brachiosauridae

Brachiosauridae was ’n familie Sauropoda-dinosourusse, waarvan die lede bekend is as brachiosourides. Hulle was plantvretende viervoetiges met lang nekke waarvan die voorpote langer was as die agterpote. Die naam kom van die Grieks vir "arm-akkedis". Ondanks hul oënskynlik kenmerkende eienskappe is dit nie seker of Brachiosauridae werklik ’n aparte familie was en of hulle primitiewe Titanosauriformes was nie. Daar is dus ook onsekerheid oor watter diere tot die familie behoort.

Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.

Brachiosauridae
Tydperk: Laat JuraVroeë Kryt
157–100 m. jaar gelede
’n Skelet van Giraffatitan brancai (Museum für Naturkunde).
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Orde:
Suborde:
Superfamilie:
Familie:
Brachiosauridae

(Riggs, 1904)
Genera
  • Europasaurus
  • Giraffatitan
  • Brachiosaurus
  • Abydosaurus
  • Cedarosaurus
  • Venenosaurus
  • Lusotitan?
  • Duriatitan
  • Daanosaurus
  • Sonorasaurus
Brachiosauridae
Kladistiese klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klade: Dinosauria
Suborde: Sauropodomorpha
Klade: Titanosauriformes
Familie: Brachiosauridae
(Riggs, 1904)

Van die lede was onder die grootste bekende dinosourusse en daar is eers gemeen een van hulle, Brachiosaurus, was die grootste dinosourus wat nog geleef het. Brachiosauridae het ongewoon lang nekke gehad waarmee hulle blare van hoë bome kon eet wat ontoeganklik was vir ander diere. Hul lepelvormige tande kon taaier plantmateriaal verwerk as seker ander soorte Sauropoda.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.