Braamfontein

Braamfontein is 'n voorstad van Johannesburg, met 'n bevolking van 7 007 (2001).[1] Die Nelson Mandelabrug en Grondwetlike Hof van Suid-Afrika is in Braamfontein geleë.

Braamfontein
Die Nelson Mandelabrug is in Braamfontein geleë
Die Nelson Mandelabrug is in Braamfontein geleë
Braamfontein is in Greater Johannesburg
Braamfontein
Braamfontein
Koördinate: 26°11′28″S 28°2′16″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
Metropolitaanse MunisipaliteitJohannesburg
Oppervlak
  Totaal3,28 km2 (1,27 vk. myl)
Bevolking
  Totaal7 007
  Digtheid2 100/km2 (5 500/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
2017
Skakelkodes011

Geskiedenis

Die voorstad het eers as Clifton bekendgestaan, maar die naam is later verander na Braamfontein, na aanleiding van die plaas Braamfontein waarop dit uitgelê is. Die fontein in die naam was in die omgewing van die huidige buurt Melville, wat ook op die plaas uitgelê is.

Op 19 Februarie 1896 was daar 'n massiewe dinamietontploffing hier in Braamfontein wat tientalle lewens geëis en talle geboue in puin gelê het, onder meer die eerste kerkgebou van die NG gemeente Fordsburg. Ds. Abraham Kriel het ná die eerste begrafnis van 127 slagoffers "soos 'n kind gesnik".

Verwysings

  1. "Subplek Braamfontein". Sensus 2001.

Eksterne skakel


Hierdie artikel omtrent 'n plek in Johannesburg is slegs ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.