Bourbon Street
Bourbon Street (Frans: Rue Bourbon) is 'n straat in die hart van New Orleans se oudste buurt, die French Quarter of Franse Kwartier. Die straat, wat na die Europese koningshuis Huis van Bourbon vernoem is, strek oor dertien straatblokke vanaf Canal Street tot Esplanade Avenue en loop parallel met Royal Street.[1] Terwyl dit deesdae veral met gekommersialiseerde toerisme verbind word en bekend staan vir sy kroeƫ en ontkleekroeƫ, was dit tot in die laat 19de eeu een van die mees elegante en gesogte woonstrate in Louisiana se metropool. Sy geskiedenis verskaf insig in New Orleans se verlede.
Bourbon Street
Rue Bourbon
in die Franse Kwartier van New Orleans
Deelstaat
Louisiana Verenigde State
Uitleg
Adrien de Pauger (1721)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.