Boulogne-sur-Mer

Boulogne-sur-Mer is ’n stad aan die noordoostelike kus van Frankryk.[1] Dit is in die département Pas-de-Calais in die gewes Hauts-de-France geleë. Die stad lê op die Opaalkus langs die Straat van Dover, vanwaar die Engelse kus gesien kan word. Die Liane-rivier mond hier in die see uit.

Boulogne-sur-Mer
Wapen van Boulogne-sur-Mer
Wapen
Boulogne-sur-Mer is in Frankryk
Boulogne-sur-Mer
Boulogne-sur-Mer
Koördinate: 50°43′0″N 1°37′0″O
LandVlag van Frankryk Frankryk
GewesHauts-de-France
DépartementPas-de-Calais
ArrondissementBoulogne-sur-Mer
Kanton3 kantons:
Boulogne-sur-Mer-Nord-Ouest,
Boulogne-sur-Mer-Nord-Est,
Boulogne-sur-Mer-Sud + Le Portel
Regering
  BurgemeesterFrédéric Cuvillier
Oppervlak
  Totaal8,42 km2 (3,25 vk. myl)
Hoogte
0–110 m (0–361 ft)
Bevolking
  Totaal42 537
  Digtheid5 100/km2 (13 000/vk. myl)
Poskode
62200
Skakelkodes62160
Webwerftourisme-boulonnais.com

Boulogne is Frankryk se grootste vissershawe. Dit was ook vir eeue lank een van die vernaamste hawens vir die vervoer van passasiers oor die Engelse Kanaal. Passasiers en motorvoertuie kon van hier na Dover in Groot-Brittanje reis. Met die koms van die Kanaaltonnel het die rol egter volledig verdwyn.

Verwysings

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.