Boswitsuikerbos
Die boswitkopsuikerbos (Protea mundii) is 'n struik wat aan die bekende Protea-genus van die Proteaceae-familie behoort. In Engels staan dit as die Forest sugarbush bekend.
Boswitsuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. mundii |
Binomiale naam | |
Protea mundii Klotzsch, (1838) | |
Sinonieme | |
|
Die blomdraende struik is endemies aan die Oos-Kaap en die Wes-Kaap, is deel van die fynbos-bioom en [1] en groei aan woudrande op hoogtes van 200 tot 1 300 m (660 to 4 270 voet). Dit word tot 8 m hoog. Die plant dra wit tot ivoorkleurige blomme, wat bye, skoenlappers en voƫls aanlok.[2] Die spesifieke naam is ter ere van Johannes Ludwig Leopold Mund, 'n Duitse natuurgeskiedenisversamelaar wat tot 1831 aan die Kaap en later dieper binneland toe aktief was.
Protea mundii word ook as 'n tuinplant verbou.[3] Hierdie boom se FSA-nommer is 93.[4]
Verwysings
- Agricultural Research Service (ARS), VSA Departement van Landbou. "Taxon: Protea mundii Klotzsch". Germplasm Resources Information Network (GRIN) (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2020. Besoek op 2 Februarie 2020.
- "White Water Sugarbushes". www.proteaatlas.org.za (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2017. Besoek op 2 Februarie 2020.
- "University of Connecticut". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2016. Besoek op 2 Februarie 2020.
- https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Boswitsuikerbos.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.