Bosvy
Die bosvy (Ficus craterostoma) is 'n boom en deel van die wurgvye. Die boom ontkiem op 'n gasheerboom hoog bokant die grond en stuur dan fyn wortels af grond toe. Die wortels word algaande sterker en verwurg uiteindelik die gasheerboom. Die boom kom voor in warmer woude en bosveld en is besonder opvallend. Die boom se FSA-nommer is 52.[2]
Bosvy | |
---|---|
![]() | |
'n Bosvy in Pretoria, Suid-Afrika | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | F. craterostoma |
Binomiale naam | |
Ficus craterostoma Warb. ex Mildbr. & Burret, (1911) | |
Sinonieme[1] | |
|
In Suid-Afrika is die spesie inheems in KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap. In die res van Afrika is die spesie inheems aan Angola, Burkina Faso, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Gaboen, Ghana, Guinee, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Liberië, Mosambiek, Nigerië, Republiek die Kongo, Senegal, Sierra Leone, Tanzanië, Togo, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Vrugte van 'n bosvy in die Krantzkloof Natuurreservaat.
Verwysings
- "Ficus craterostoma Warb. ex Mildbr. & Burret, Synonyms". ThePlantList (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2019. Besoek op 21 Januarie 2013.
- https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Bronne
- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bosvy.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.