Bosporus-brug

Die Bosporus-brug, ook bekend as die Eerste Bosporus-brug (Turks: Boğaziçi Köprüsü of 1. Boğaziçi Köprüsü) is een van twee brûe oor die Bosporus in Istanboel, Turkye, wat Europa en Asië verbind. Die ander is die Fatih Sultan Mehmet-brug, ook genoem die Tweede Bosporus-brug.

Bosporus-brug

O1-snelweg oor Bosporus-brug in Istanboel.
Ligging Istanboel, Turkye
Loop oor Die Bosporus
Ontwerpers Sir Gilbert Roberts en William Brown
Ontwerp Hangbrug
Materiaal Staal
Spanning 1 074 m
Lengte 1 510 m
Breedte 39 m
Totale hoogte 105 m
Padvlakhoogte 64 m
Voltooi 30 Oktober 1973
Koördinate 41°02′42″N 29°02′02″O
Die Bosporus-brug in Istanboel, wat Europa (links) en Asië (regs) verbind.

Die brug is tussen Ortaköy aan die Europese kant en Beylerbeyi aan die Asiatiese kant geleë. Dit is ’n hangbrug met staalmaste en is 1 510 m lank en 39 m breed. Die padvlak is 64 m hoog. Dit was die vierde langste hangbrug ter wêreld (die langste buite die VSA) toe dit in 1973 voltooi is en is tans die 21ste langste.

Sien ook

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.