Bosloerie

Die Bosloerie (Apaloderma narina) is standvoël wat voorkom aan die ooskus en onmiddellike binneland vanaf Mosselbaai verby Mosambiek. Die voël kom ook voor langs die Zambezirivier tot by die Kaprivistrook. In Engels staan die voël bekend as die Narina Trogon.

Bosloerie
Volwasse mannetjie in die Oribi Gorge Natuurreservaat, Suid-Afrika.
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Trogoniformes
Familie:
Trogonidae
Genus:
Apaloderma
Spesie:
A. narina
Binomiale naam
Apaloderma narina
(Stephens, 1815)

Voorkoms

Die mannetjie is heldergroen met 'n karmosyn pens, wasagtige geel snawel en turkoois groenerige kolle vel aan die gesig en keel. Die wyfie is valer met 'n rooibruin gesig met 'n gryser bors en dowwe karmosyn pens.

Habitat

Die voël leef in woude, digte boomveld en ruigtes.

Sien ook

Bron

Verwysings

  1. BirdLife International (2012). "Apaloderma narina". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012. {{cite web}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.