Boskoorsbessie
Die boskoorsbessie (Croton sylvaticus) is 'n redelike groot boom wat voorkom aan die kus van KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap. Die spesie is ook inheems in Angola, Demokratiese Republiek die Kongo, Ethiopië, Gaboen, Ghana, Guinee, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Liberië, Malawi, Mosambiek, Nigerië, Republiek die Kongo, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Boskoorsbessie | |
---|---|
![]() | |
Loof en vrugte, winter | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Crotonoideae |
Tribus: | Crotoneae |
Genus: | |
Spesie: | C. sylvaticus |
Binomiale naam | |
Croton sylvaticus Hochst., (1845) | |
Sinonieme | |
|
Die bas is glad wanneer die boom jonk is en word mettertyd grof en vol patrone. Die blom-aar bestaan meestal uit manlike blomme met een of twee vroulik blomme naby die basis. Die vrugte is drielobbig en sowat 1 cm in deursnee. In Engels staan die boom bekend as die Forest croton.
Fotogalery
- Bas
- Blare
- Blom
- Vrugstadium-bloeiwyse
- Gebreekte vrug
- Sade uit een vrug
Bronne
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.