Bosboomvaring

Die bosboomvaring (Cyathea capensis) - voorheen bekend as Alsophila capensis - is 'n boomvaring in die genus Cyathea, een van slegs twee spesies in Suid-Afrika. Die boom word tot 3 meter hoog en die blare 2 tot 3 m lank. Die plant groei in immergroen woude en kom voor vanaf Knysna ooswaarts deur KwaZulu-Natal, Mpumalanga tot in Limpopo.

Bosboomvaring
Cyathea capensis in Kaapstad
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Pteridophyta
Klas:
Orde:
Cyatheales
Familie:
Genus:
Subgenus:
Cyathea
Seksie:
Alsophila
Spesie:
C. capensis
Binomiale naam
Cyathea capensis
(Linnaeus fil.) J. E. Smith, 1793
Subspesie
  • C. c. capensis (Linnaeus fil.) J. E. Smith, 1793
  • C. c. polypodioides (Swartz) Conant, 1983
Sinonieme
  • Polypodium capense Linnaeus fil., 1781
  • Hemitelia capensis (Linnaeus fil.) Kaulfuss, 1824
  • Alsophila capensis (Linnaeus fil.) J. Smith, 1842
  • Cyathea polypodioides Swartz, 1817

Die blaartjies se rande is fyn getand; aan die onderkant is daar een sonus per lob. Die blaarbasis is in die laer blaartjies gewysig om fyn wortelagtige aflebieƫ te vorm.

Die boom se FSA-nommer is 2.[1]

Sien ook

Bronne

  • Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
  • Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1

Verwysings

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.