Bosbok

Die bosbok (Tragelaphus scriptus) is 'n klein wildsbok wat in Afrika suid van die Sahara aangetref word.

Bosbok
Bosbok
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Bovinae
Genus:
Tragelaphus
Spesie:
T. scriptus
Binomiale naam
Tragelaphus scriptus
(Pallas, 1766)
Verspreiding van die spesies

Volwasse bosbokke het 'n gemiddelde massa van 70 kg en 'n hoogte van ongeveer 90 cm. Die ramme het horings wat tot 55 cm lank kan word.

Bosbokke word nie maklik raakgesien nie, omdat hulle digte bosgebiede en rietruigtes langs riviere verkies.

Die ooi is ses tot sewe maande dragtig, waarna 'n enkele lammetjie in die lente of somer gebore word. Bosbokke het 'n moontlike lewensduur van nege jaar.

Galery

Sien ook

Bronnelys

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.