Borgo
Borgo (meervoud: borghi) is 'n Italiaanse vakterm van Germaanse oorsprong met drie verskillende betekenisse. Dit kan verwys na
- 'n middelgroot nedersetting wat belangrike kommersiële funksies vir 'n omliggende landboustreek vervul;
- die uitbreiding van 'n historiese nedersetting buite die stadsmuur[1]; of
- 'n klein nedersetting van besondere kulturele belang met 'n stadsbeeld of boukuns wat uit die Middeleeue of die Renaissance-tydperk dateer. Gewoonlik het dit rondom 'n kasteel of adellike paleis ontstaan en is dikwels omring deur versterkings soos stadsmure en torings.[2]
Die term maak deel uit van 'n aantal Italiaanse plekname, maar het in die buiteland ook bekendheid verwerf danksy die vereniging I Borghi più belli d’Italia ("Die mooiste borghi van Italië") waarin 281 nedersettings van historiese, kulturele en argitektoniese belang saamgesluit het.
Verwysings
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.