Boosoogblaasop

Die Boosoogblaasop (Amblyrhynchotes honckenii) is 'n giftige vis wat voorkom vanaf Valsbaai tot by Maputo. In Engels staan die vis bekend as die Evileye Puffer.

Boosoogblaasop
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Amblyrhynchotes
Spesie:
A. honckenii
Binomiale naam
Amblyrhynchotes honckenii
(Bloch, 1785)
Sinonieme
  • Lagocephalus blochi, Bonaparte, 1841
  • Sphoeroides honckeni, (Bloch, 1785)
  • Tetraodon honckenii, Bloch, 1785

Voorkoms

Die vis is swartbruin tot donkergroen met geel strepe op sy sye. Daar is wit vlekke op die bokant en die onderkant is wit. Die dorsale, pektorale en stert vinne is donker en die anale vin is wit. Die vis word tot 25 cm groot.

Habitat

Hulle kom voor in riviermondings, seegrasbeddings en sanderige en rotsagtige bodems tot op dieptes van 400 m. Hulle eet isopode soos strand- en sandluise, krappe en vis. Die vis blaas hom op wanneer hy bedreig voel. Die vis is so giftig dat persone wat aan hulle gevat het, hul hande moet was.

Sien ook

Bronne

  • Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6.
  • Gids tot die kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0.
  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7.

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.