Booker-prys
Die Man Booker-prys (Engels: Man Booker Prize) word jaarliks toegeken aan skrywers vanaf die Britse Statebond of Ierland.[1] Die prys is in 1968 deur Booker Plc ingestel. Om die kwaliteit van die prys te waarborg word beoordelaars onder kritici, skrywers en akademici uitgesoek. Sedert 2002 staan die prys as die "Man Booker Prize for Fiction" bekend, na aanleiding van 'n borgskap deur die maatskappy Man Group plc.
- Moenie verwar word met die Internasionale Booker-prys nie.
Man Booker-prys
| ||
Toegeken vir | Beste oorspronklike roman, geskryf in die Engelse taal, en gepubliseer in die Verenigde Koninkryk | |
Borg | Man Group | |
Land | Verenigde Koninkryk | |
Datum | Jaarliks rondom Oktober | |
Vorige naam | Booker-McConnell-prys | |
Eerste toekenning | 1969 | |
Webtuiste | themanbookerprize.com |
Aan die begin kon slegs burgers van die Britse Statebond, Ierland en Suid-Afrika (en later Zimbabwe) in aanmerking kom om die prys te ontvang. Maar in 2014 is hierdie geskiktheid uitgebrei na enige Engelstalige roman.[2]
Die wenner van die prys ontvang 'n bedrag van 50 000 pond sterling.[3]
Wenners
Jaar | Outeur | Titel | Genre | Land |
---|---|---|---|---|
2023 | Paul Lynch | Prophet Song | Roman | Ierland |
2022 | Shehan Karunatilaka | The Seven Moons of Maali Almeida | Roman | Sri Lanka |
2021 | Damon Galgut | The Promise | Roman | Suid-Afrika |
2020 | Douglas Stuart | Shuggie Bain | Roman | Verenigde Koninkryk Verenigde State |
2019 | Margaret Atwood | The Testaments | Roman | Kanada |
Bernardine Evaristo | Girl, Woman, Other | Roman | Verenigde Koninkryk | |
2018 | Anna Burns | Milkman | Roman | Verenigde Koninkryk |
2017 | George Saunders | Lincoln in the Bardo | Histories/eksperimentele roman | Verenigde State |
2016 | Paul Beatty | The Sellout | Satiriese roman | Verenigde State |
2015 | Marlon James | A Brief History of Seven Killings | Histories/eksperimentele roman | Jamaika |
2014 | Richard Flanagan | The Narrow Road to the Deep North | Historiese roman | Australië |
2013 | Eleanor Catton | The Luminaries | Historiese roman | Nieu-Seeland |
2012 | Hilary Mantel | Bring Up the Bodies | Historiese roman | Verenigde Koninkryk |
2011 | Julian Barnes | The Sense of an Ending | Roman | Verenigde Koninkryk |
2010 | Howard Jacobson | The Finkler Question | Kortverhaalroman | Verenigde Koninkryk |
2009 | Hilary Mantel | Wolf Hall | Historiese roman | Verenigde Koninkryk |
2008 | Aravind Adiga | The White Tiger | Roman | Indië |
2007 | Anne Enright | The Gathering | Roman | Ierland |
2006 | Kiran Desai | The Inheritance of Loss | Roman | Indië |
2005 | John Banville | The Sea | Roman | Ierland |
2004 | Alan Hollinghurst | The Line of Beauty | Historiese roman | Verenigde Koninkryk |
2003 | D.B.C. Pierre | Vernon God Little | Swart komedie | Australië |
2002 | Yann Martel | Life of Pi | Fantasie en avontuurroman | Kanada |
2001 | Peter Carey | True History of the Kelly Gang | Historiese roman | Australië |
2000 | Margaret Atwood | The Blind Assassin | Historiese roman | Kanada |
1999 | J.M. Coetzee | Disgrace | Roman | Suid-Afrika |
1998 | Ian McEwan | Amsterdam | Roman | Verenigde Koninkryk |
1997 | Arundhati Roy | The God of Small Things | Roman | Indië |
1996 | Graham Swift | Last Orders | Roman | Verenigde Koninkryk |
1995 | Pat Barker | The Ghost Road | Oorlogsroman | Verenigde Koninkryk |
1994 | James Kelman | How Late It Was How Late | Bewussynstroom | Verenigde Koninkryk |
1993 | Roddy Doyle | Paddy Clarke Ha Ha Ha | Roman | Ierland |
1992 | Michael Ondaatje | The English Patient | Historiografiese metafiksie | Kanada |
Barry Unsworth | Sacred Hunger | Historiese roman | Verenigde Koninkryk | |
1991 | Ben Okri | The Famished Road | Geheimsinnige roman | Nigerië |
1990 | A.S. Byatt | Possession | Historiese roman | Verenigde Koninkryk |
1989 | Kazuo Ishiguro | The Remains of the Day | Historiese roman | Verenigde Koninkryk |
1988 | Peter Carey | Oscar and Lucinda | Historiese roman | Australië |
1987 | Penelope Lively | Moon Tiger | Roman | Verenigde Koninkryk |
1986 | Kingsley Amis | The Old Devils | Kortverhaalroman | Verenigde Koninkryk |
1985 | Keri Hulme | The Bone People | Geheimsinnige roman | Nieu-Seeland |
1984 | Anita Brookner | Hotel du Lac | Roman | Verenigde Koninkryk |
1983 | J.M. Coetzee | Life and Times of Michael K | Roman | Suid-Afrika |
1982 | Thomas Keneally | Schindler's Ark | Biografiese roman | Australië |
1981 | Salman Rushdie | Midnight's Children | Magiese realisme | Verenigde Koninkryk |
1980 | William Golding | Rites of Passage | Roman | Verenigde Koninkryk |
1979 | Penelope Fitzgerald | Offshore | Roman | Verenigde Koninkryk |
1978 | Iris Murdoch | The Sea the Sea | Filosofiese roman | Ierland Verenigde Koninkryk |
1977 | Paul Scott | Staying On | Roman | Verenigde Koninkryk |
1976 | David Storey | Saville | Roman | Verenigde Koninkryk |
1975 | Ruth Prawer Jhabvala | Heat and Dust | Historiese roman | Verenigde Koninkryk Duitsland |
1974 | Nadine Gordimer | The Conservationist | Roman | Suid-Afrika |
Stanley Middleton | Holiday | Roman | Verenigde Koninkryk | |
1973 | James Gordon Farrell | The Siege of Krishnapur | Roman | Verenigde Koninkryk Ierland |
1972 | John Berger | G | Eksperimentele roman | Verenigde Koninkryk |
1971 | V.S. Naipaul | In a Free State | Roman | Verenigde Koninkryk Trinidad en Tobago |
1970 (terugwerkende toekenning) | J.G. Farrell | Troubles | Roman | Verenigde Koninkryk Ierland |
1970 | Bernice Rubens | The Elected Member | Roman | Verenigde Koninkryk |
1969 | Percy Howard Newby | Something to Answer For | Roman | Verenigde Koninkryk |
Sien ook
Verwysings
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- (en) "Meet The Man Booker Prize 2014 Judges". 12 Desember 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 November 2019. Besoek op 20 November 2020.
- (en) Reëls en inskrywing vir die Booker-prys
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Booker-prys.
- (en) Amptelike webwerf
- (en) "Booker Prize". Encyclopædia Britannica. 26 November 2023. Besoek op 28 November 2023.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.