Bontvisvanger
Die bontvisvanger (Ceryle rudis) is 'n algemene standvoël en visvanger wat wyd verspreid is in Afrika suid van die Sahara en suidelike Asië vanaf Turkye tot China.
Bontvisvanger | |
---|---|
![]() | |
Mannetjie by die Chambalrivier, Uttar Pradesh, Indië | |
![]() | |
Wyfie by die Chambalrivier, Uttar Pradesh, Indië | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Ceryle Boie, 1828 |
Spesie: | C. rudis |
Binomiale naam | |
Ceryle rudis | |
Identifikasie
Dit is 'n groot visvanger, 28–29 cm in lengte, maar kleiner as die reusevisvanger, met 'n uitsluitlike swart-en-wit veredrag. Die geslagte verskil van kleurpatrone. As hy visvang, fladderhang hy gewoonlik oor die water en duik dan af om sy prooi te vang.
Habitat
Hou in pare of klein familiegroepies by binnelandse riviere, mere, strome, damme en by strandmere, riviermondings en rotspoele langs die kus.
Geluid
Uiter 'n hoë gekwetter; twee of meer voëls roep dikwels tegelyk.
Ander name
- Engelse naam: Pied Kingfisher
- Wetenskaplike naam: Ceryle rudis
Fotogalery
- Eiers van die bontvisvanger
- Paartjie in die Nasionale Chobewildtuin, Botswana
- Nog twee in die Nasionale Chobewildtuin
- Hulle veg nou daar vir die vis
- Bontvisvanger in die Nasionale Park Mosi-oa-Tunya naby Livingstone, Zambië
Sien ook
Verwysings
- BirdLife International (2012). "Ceryle rudis". IUBN-rooilys van bedreigde spesies. IUCN. 2012: e.T22683645A40559750. doi:10.2305/IUCN.UK.2012-1.RLTS.T22683645A40559750.en. Besoek op 22 September 2015.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bontvisvanger.
Wikispecies het meer inligting verwant aan Bontvisvanger
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.