Bolivië
Bolivië (Aymara: Wuliwya Suyu; Guaraní: Tetã Volívia; Quechua: Bulibya Mamallaqta; Spaans: Bolivia; genoem na Simón Bolívar), amptelik die Plurinasionale Staat Bolivië (Aymara: Wuliwya Suyu; Guaraní: Tetã Blúrinasionál Volívia; Quechua: Buliwya Achka Nasyun Mama Llaqta; Spaans: Estado Plurinacional de Bolivia), is 'n landingeslote land in Suid-Amerika. Bolivië beslaan 'n oppervlakte van 1 098 581 km² en het 'n bevolking van 11 428 245 in 2019 gehad. Bolivië is landgebonde en word begrens deur Brasilië in die noorde en ooste, Paraguay en Argentinië in die suide, asook Chili en Peru in die weste. Die hoofstad is Sucre (regterlik), die regeringsetel is La Paz (administratief) en die grootste stad is Santa Cruz.
| |||||
Nasionale leuse: ¡La unión es la fuerza![1] (Spaans vir: "Eenheid is sterkte!") | |||||
Volkslied: Himno Nacional de Bolivia | |||||
Hoofstad | Sucre (grondwetlik en geregtelik)a La Paz (uitvoerend en wetgewend) | ||||
Grootste stad | Santa Cruz de la Sierra | ||||
Amptelike tale | Aymara, Guaraní, Quechua, Spaans1 | ||||
Regering | Unitêre presidensiële grondwetlike republiek Luis Arce David Choquehuanca | ||||
Onafhanklikheid • Verklaar • Erken • Huidige grondwet |
van Spanje 6 Augustus 1825 21 Julie 1847 7 Februarie 2009 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
1 098 581 km2 (27ste) 424 164 myl2 1,29 | ||||
Bevolking - 2019-skatting - 2001-sensus - Digtheid |
11 428 245[2] (83ste) 8 280 184 10,4 / km2 (224ste) 26,9 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2020-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2020-skatting | ||||
MOI (2018) | 0,703[4] (114de) – medium | ||||
Gini (2018) | 42,2[5] – hoog | ||||
Geldeenheid | Boliviano (BOB ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
BOT (UTC-4) nie toegepas nie (UTC-4) | ||||
Internet-TLD | .bo | ||||
Skakelkode | +591 | ||||
1. 31 andere Indiaanse tale word sedert 2009 as amptelike tale erken. 2. La Paz is die setel van die regering en Sucre is die amptelike hoofstad. |
Die Andesgebergte strek van noord na suid deur die weste van die land. Die land het ook ’n hooglandplato (Altiplano), heuwels en laagliggende vlaktes in die Amasonekom. Die gebied was eens deel van die Inkaryk en is in die 16de eeu deur die Spanjaarde verower. In 1825 het Bolivië onafhanklik geword.[6]
Dit is ’n ontwikkelende land met heelwat minerale, veral tin, en is bekend vir sy kulturele diversiteit.
Verwysings
- (es) "Moneda de 10 Centavos" [10 Cent Coins]. Sentrale Bank van Bolivië. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2007. Besoek op 28 Januarie 2014.
- (en) "Report for Selected Countries and Subjects". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 8 November 2020.
- (en) "Bolivia". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2020. Besoek op 8 November 2020.
- (en) "2019 Human Development Index Ranking". United Nations Development Programme. 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 8 November 2020.
- (en) "Gini Index". Wêreldbank. Besoek op 8 November 2020.
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Bronnelys
- Algemeen
- (en) "Bolivia". Encyclopædia Britannica. Besoek op 8 November 2020.
- (en) "Bolivia". Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 8 November 2020.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bolivië.
- (en) Toerisme-inligting oor Bolivië op Wikivoyage