Bokkeveldberge
Die Bokkeveldberge is 'n bergreeks wat noord-suid strek en 'n gedeelte vorm van die grens tussen die Wes-Kaap en die Noord-Kaap. Dit is oos van die knersvlakte en wes van Nieuwoudtville. Die bergreeks het nie werklik 'n kruin nie; aan die westekant is 'n eskarp en aan die oostekant 'n plato wat by die Hantam-Karoo aansluit. Die eskarp is ryk aan unieke flora. Engelsman se punt is 'n uitloper van die bergreeks en bekende baken.
Die R27- provinsiale roete loop met die Van Rhynspas langs oor die berg. Oorlogskloof en die Oorlogskloof-natuurreservaat is suid van die berg.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.