Bok (astrologie)

Die Bok (Chinees: 羊, yáng) is die agtste dier in die twaalfjaarlikse siklus van die Chinese astrologie, volgens die Chinese kalender. Dit hou ook verband met Oos-Asiatiese diereriem- en kalenderstelsels. Die Jaar van die Bok word verbind met die Aardse taksimbool 未.[1]

Dit kan ook as Skaap of Ram vertaal word[2][3] omdat die Chinese woord yáng meer akkuraat vertaal word as Caprinae, ’n takson wat beide bokke en skape insluit.[4]

Beskrywing

Volgens een legende is daar ’n rede vir die volgorde van die twaalf diere in die twaalfjaarsiklus. Daarvolgens is ’n resies oor ’n groot rivier gehou en die volgorde van die diere in die siklus is die volgorde waarin hulle die resies voltooi het. In dié verhaal het die Bok, Aap en Haan deur ’n spanpoging anderkant aangekom. Die Haan het ’n vlot gevind en die Aap en Bok het geruk en gepluk om al die onkruid uit die pad te kry. Hulle het die agtste, negende en tiende plek verower.

Die Chinese tekens word ook die diereriem genoem omdat geglo word ’n mens se persoonlikheid word deur die dier beïnvloed wat oor jou geboortedatum heers. Net so word die jaar waaroor ’n spesifieke dier heers, daardeur gekenmerk. Die invloed is veral sterk by mense wat in die jaar van die dier gebore is.

Dieselfde twaalf diere word gebruik om die siklus van ure in ’n dag te simboliseer – elk word verbind met ’n tydperk van twee uur. Die tydperk van die Bok is van 13:00 tot 15:00 – die tyd wanneer bokke gras vreet en baie urineer.

In Chinese simbologie word Bokke beskou as sag, goedhartig en kalm, maar ook besluiteloos, ydel en bedees.

Jare en die Vyf Elemente

Mense wat binne dié datums gebore is, is in die Jaar van die Bok gebore, met ook die volgende elementêre teken:[5]

BegindatumEinddatumHemelse tak
17 Februarie 19315 Februarie 1932Metaalbok
5 Februarie 194324 Januarie 1944Waterbok
24 Januarie 195511 Februarie 1956Houtbok
9 Februarie 196729 Januarie 1968Vuurbok
28 Januarie 197915 Februarie 1980Aardbok
15 Februarie 19913 Februarie 1992Metaalbok
1 Februarie 200321 Januarie 2004Waterbok
19 Februarie 20157 Februarie 2016Houtbok
6 Februarie 202725 Januarie 2028Vuurbok
24 Januarie 203911 Februarie 2040Aardbok

Bokke en hul maats

Teken Beste maats Gemiddelde maats Slegte maats
BokBok, Vark, KonynHond, Tier, Perd, Draak, Aap, Rot, Slang, HaanOs

Basiese astrologiese elemente

Aardse tak van geboortejaarWei
Die Vyf ElementeAarde
Jin/jangJin
Maanmaand6de
Gelukkige nommers2, 3, 4, 7, 9; vermy: 6, 8
Gelukkige blommeAngelier, sleutelblom
Gelukkige kleureGroen, rooi, pers; vermy: goud, bruin
SeisoenSomer
Naaste Westerse tekenKreef

Sien ook

Verwysings

  1. "Chinese Zodiac - Sheep / Goat / Ram". Travel China Guide (in Engels). TravelChinaGuide.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 29 Desember 2014.
  2. Wen Huang, "Year of the Sheep, Goat or Ram?" Chicago Tribune, 31 Januarie 2003. Besoek op 8 Februarie 2015.
  3. Theodora Lau and Laura Lau, Chapter 8: "The Sheep: The Eighth Sign of the Lunar Cycle", The Handbook of Chinese Horoscopes, pp. 193-220, Harper Collins, 1979 (sagteband Desember 2010) ISBN 978-0061990915
  4. A Lunar New Year With a Name That’s a Matter of Opinion, Chris Buckley, New York Times, 18 Februarie 2015
  5. "Chinese Zodiac – Sheep" (in Engels). Your Chinese Astrology. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2020. Besoek op 25 Augustus 2018.

Eksterne skakels

Vorige teken
Perd (午)
Bok (未) Volgende teken
Aap (申)
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.