Boesmansuring

Boesmansuring (Anacampseros rufescens (Haw.) Sweet) is 'n vetplantjie wat endemies is aan Suid-Afrika en voorkom in Oos-Kaap, Vrystaat en KwaZulu-Natal. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig gelys.[1]

Boesmansuring
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Anacampserotaceae
Genus:
Anacampseros
Spesie:
A. rufescens
Binomiale naam
Anacampseros rufescens
(Haw.) Sweet
Sinonieme
  • Ruelingia rufescens Haw.

Die plant groei op kaal vlaktes of klipperige hellings in die ooste van die Nama-Karoo of die Oos-Kaapse berge. Gewoonlik is daar min reën en ekstreme temperature. Die jong blare is tydens die winterreëns groen van kleur, maar in die droë tyd kan dit rooierig of perserig word. Die saadjies ontkiem gemaklik en die plant groei nou ook buite Suid-Afrika as tuin- of kamerplante.[2]

Galery

Verwysings

  1. "SANBI-rooilys". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020.
  2. "operation wildflower" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.