Boesmanstee

Die Boesmanstee (Catha edulis) is 'n middelmatige tot groot boom wat voorkom in noord KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo. In die res van Afrika kom die boom in Angola, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Ethiopië, Eswatini, Kenia, Malawi, Mosambiek, Soedan, Tanzanië, Uganda, Zambië en Sentraal- en Oos-Zimbabwe voor.

Boesmanstee
Catha edulis
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Celastrales
Familie:
Genus:
Catha
Spesie:
C. edulis
Binomiale naam
Catha edulis
(Vahl) Forssk. ex Endl., (1841)
Sinonieme
  • Catha forsskalii A.Rich.
  • Catha glauca (Eckl. & Zeyh.) A.Chev.
  • Catha inermis J.F.Gmel.
  • Celastrus edulis Vahl
  • Celastrus tsaad Ferreira & Galeotti ex Walp.
  • Dillonia abyssinica Sacleux
  • Hartogia thea E.Mey.
  • Methyscophyllum glaucum Eckl. & Zeyh.
  • Trigonotheca serrata Hochst.

In Engels staan die boom bekend as Khat bushmens tea. Verder noord in Afrika staan die boom bekend as Khat. Die boom se FSA-nommer is 404.[1]

Blare

Die blare is enkelvoudig en teenoorstaande met 'n rif tussen hulle. Die blare en bas bevat alkaloïede. In die Oos-Kaap word die blare geëet as 'n stimulant; dit is die rede waarom Burchell die boom die Boesmanstee genoem het in 1814.

Sien ook

Verwysings

Bronne

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.