Boeing P-12
Die Boeing P-12 is 'n Amerikaanse dubbeldekker vegvliegtuig wat tussen die twee Wêreldoorloë sy verskyning gemaak het. Die vliegtuig is deur Boeing ontwikkel in hulle private hoedanigheid om die Boeing F2B en F3B te vervang. Boeing het die vliegtuig die F4B genoem. Die F4B was kleiner en ligter as sy voorgangers maar het dieselfde motor gehad as die F3B wat gelei het tot verbeterde prestasie.
Boeing P-12 | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Boeing |
Nooiensvlug | 25 Junie 1928 |
Bekendstelling | 1930 |
Status | Onttrek |
Hoofgebruikers | United States Army Air Forces Amerikaanse Vloot Brasilië |
Vervaardig | 1929–1932 |
Aantal gebou | 586 |
Die Amerikaanse Vloot het 'n groot bestelling geplaas en later ook die Amerikaanse Leër; laasgenoemde het die vliegtuig die P-12 genoem. Beide van die Amerikaanse magte het verskeie variante van die vliegtuie bedryf tot en met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog. Brasilië was die enigste land wat die vliegtuig gekoop het. Daar was 586 van die vliegtuig vervaardig.
Tegniese besonderhede
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Pratt & Whitney R-1340-16 Wasp negesilinder stermotor |
Kraglewering per motor | 550 perdekrag |
Vlerkspan | 9,14 m |
Lengte | 6,12 m |
Hoogte | 2,84 m |
Vlerkoppervlakte | 21,13 m2 |
Maksimum opstygmassa | 1 638 kg |
Maksimum snelheid | 303 km/h |
Operasionele hoogte | 8 200 m |
Togafstand | 595 km |
Klimvermoë | 1,525 m in 2 minute, 42 sekondes. |
Bewapening | Twee 7,62mm masjiengewere |
Sien ook
Bron
- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9