Boeing KC-135 Stratotenker
Die Boeing KC-135 Stratotenker is 'n militêre lughervullingsvliegtuig. Hierdie vliegtuig is soos die Boeing 707 uit die Boeing 367-80 prototipe ontwikkel. Die KC-135 is die Amerikaanse Lugmag (USAF) se eerste straalaangedrewe hervullingstenker en het die KC-97 Strato Freighter vervang. Die KC-135 se taak was aanvanklik om strategiese bomwerpers in vlug te hervul, maar is op groot skaal in die Viëtnamoorlog en latere konflikte soos Operasie Desert Storm gebruik om die omvang en uithouvermoë van die Amerikaanse taktiese vegvliegtuie en bomwerpers uit te brei.
KC-135 Stratotenker | |
---|---|
Tipe | In-vlug hervul en transport |
Vervaardiger | Boeing Defense, Space & Security |
Nooiensvlug | 31 Augustus 1956 |
Vrygestel | 1 Junie 1957 |
Status | In gebruik |
Hoofgebruikers | Amerikaanse Lugmag Franse Lugmag Chileense Lugmag Turkse Lugmag |
Vervaardig | 1955–1965 |
Aantal gebou | 803 |
Programkoste | VS$66.7 miljard |
Eenheidskoste | VS$39.6 miljoen (1998) |
Ontwikkel van | Boeing 367-80 |
Weergawes | Boeing NC-135 |
Die KC-135 is in 1957 in die Amerikaanse Lugmag ingebruik geneem; dit is een van slegs ses militêre vastevlerkvliegtuie met meer as 50 jaar aaneenlopende diens by sy oorspronklike operateur. Die KC-135 word aangevul deur die groter KC-10. Ten spyte van verhoogde onderhoudskoste, bewys studies dat die vliegtuig tot in 2040 gevlieg kan word. Die vliegtuig sal uiteindelik vervang word deur die Boeing KC-46 Pegasus.
Verwysings
Eksterne skakels
- KC-135 by Boeing.com
- KC-135 foto's by Boeing.com
- Amptelike USAF KC-135 feitestaat Geargiveer 12 Desember 2012 op Wayback Machine
- 'n Amptelike KC-135 foto
- KC-135 op awacs-spotter.nl Geargiveer 24 Julie 2011 op Wayback Machine
- NASA se KC-135A tenker Geargiveer 6 Mei 2010 op Wayback Machine
- KC-135
- KC-135 op aero-web.org Geargiveer 22 Februarie 2007 op Wayback Machine
- Smart Tankers (Defence Today) Geargiveer 9 Desember 2006 op Wayback Machine