Boeing 727
Die Boeing 727 is 'n middelgroot driemotorige kommersiële passasierstraalvliegtuig gebou deur Boeing-Korporasie. Dit kan 149-189 passasiers dra en latere modelle kan 4 400 tot 5 000 km (2,400 tot 2,700 seemyl) ononderbroke vlieg. Die 727 is ontwerp vir kort- en mediumafstandvlugte, en kan redelike kort aanloopbane gebruik by kleiner lughawens. Alle modelle is toegerus met drie Pratt & Whitney JT8D enjins, een aan elke vlerk met 'n sentrale enjin wat verbind is deur 'n S-buis na 'n inlaat voor die T-stert. Die 727 is Boeing se enigste drie-motorige vliegtuig.
Boeing 727 | |
---|---|
Boeing 727-2S7 van "Advanced Champion LAX" in vlug | |
Tipe | Smalromp-stralervliegtuig |
Vervaardiger | Boeing Commercial Airplanes |
Nooiensvlug | 9 Februarie 1963 |
Vrygestel | 1 Februarie 1964 met Eastern Airlines |
Status | In gebruik, hoofsaaklik vir vragvervoer |
Hoofgebruikers | Kelowna Flightcraft Air Charter Cargojet Airways Kalitta Charters Iran Aseman Airlines |
Vervaardig | 1962–1984 |
Aantal gebou | 1832 tot in Januarie 1983 |
Eenheidskoste | VS$4.25 miljoen aanvanklik, VS$22 miljoen teen 1982[1] |
Produksie
Die 727 was die steunpilaar van lugdienste se binnelandse roetes en is ook gebruik op die kort- en medium-afstand internasionale roetes. Passasiers-, vragvliegtuig en omskepbare weergawes van die 727 is gebou.
Die 727 was massageproduseer in die 1970's en die laaste 727 is in 1984 voltooi. Teen Julie 2011 was 23 727-100s en 227 727-200s steeds in verskeie lugrederye se diens. [2] Lughawens se hersiene geraasregulasies het daartoe gelei dat latere 727's met geraasdempers toegerus is.
Die laaste passasiersvlug van 'n Boeing 727 is deur Iran Aseman Airlines in Januarie 2019 onderneem.[3]. Die vliegtuie word nou hoofsaaklik gebruik vir die vervoer van vrag, staatsamptenare en belangrike persone.
Gebruikers
Historiese gebruikers in Suid-Afrika [4]
- Suid-Afrikaanse Lugdiens (9 vliegtuie tussen 1968 en 1982)
- Phoenix Airways
- Nationwide Airlines
- Trek Lugdiens
- Comair
- Interair
Verwysings
- "Boeing Commercial Airplanes Jet Prices" (in Engels). Boeing. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Maart 2013. Besoek op 8 Augustus 2012.
- "World Airliner Census" (PDF). Flight International. Augustus 2011. p. 15. Besoek op 13 September 2011.
- https://edition.cnn.com/travel/article/boeing-727-last-flight-scli-intl/index.html
- https://saahistory.wordpress.com/aircraft/historial-aircraft/boeing-727/
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Boeing 727. |